AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Munisipaliteite moet landbou ken

Munisipaliteite in die Vrystaat moet die landbousektor ondersteun, want dit vorm die ruggraat van die provinsie.

Elke munisipaliteit in die Vrystaat moet amptenare hê wat landbou-ekonomie verstaan, want landbou vorm die ruggraat van dié provinsie.

Hierdie is een van die doelwitte wat me. Mamiki Qabathe, LUR van Landbou in die Vrystaat, wil bereik. Sy is vir nog ’n termyn in dié pos aangestel. “Dit is ’n groot swakheid as ’n munisipaliteit nie van die landbousektor en landbou-ondernemings weet nie.”

Om seker te maak dat munisipaliteite in die provinsie weet hoe om by die landbousektor in te skakel, word inligtingstoere na hulle gebring. “Hulle moet geleenthede identifiseer en die landbousektor steun.”

Nog ’n groot fokuspunt vir Qabathe, wat in die goudmyndorpie Virginia in die Vrystaat grootgeword het, is om te verseker dat meer jong mense die sektor betree. “Baie jong mense dink dit is arbeid wat net ’n trekker en graaf behels. Ons sal na die skole gaan om die kinders bewus te maak wat ’n landbou-onderneming behels.”

Dit bekommer haar dat swart beginnerboere nie oor genoegsame sakesin beskik om sukses te behaal nie. “Ons het die boere gehelp met werktuie en finansies, maar wanneer jy steeds kyk hoe dit gaan, is daar nie vordering nie. Hulle sal basiese opleiding in sake- en finansiële bestuur moet kry en ook hoe om hulle produk in die mark te verkoop. Hoewel hulle deur mentors gehelp word, is dit tog belangrik dat hulle op die ou end op hulle eie voete kan staan.”

Pogings sal ook aangewend word om hul kinders te prikkel om in die sektor belang te stel. “Ons moet kyk hoe wit boere hulle plase van generasie tot generasie opgebou het. Die boere se vroue sal ook aangemoedig word om die sektor te leer ken sodat hulle hul eggenotes kan ondersteun.”

Sy self weet hoe belangrik ondersteuning is. “Ek sou nie my werk behoorlik sonder die ondersteuning van my man, Andrew, my drie kinders, my ma en my jonger suster en broer kon gedoen het nie."

Die dalende getal boere in die provinsie is ook kommerwekkend. “Baie plaaswerkers trek na stedelike gebiede. Ons moet seker maak dat ontwikkeling in die landelike gebiede plaasvind sodat dit nie gebeur nie.”

Oor haar verhouding met georganiseerde landbou in die provinsie, sê sy dat hulle gereeld kragtige gesprekke in belang van die sektor het. “Die sektor is baie polities. Die prys van brood en melk is polities gelaai. Die boere is die kapteine van die bedryf. Om 'n doeltreffende bydrae te kan maak, moet hulle my van die sektor leer.”

Sy kry ook baie ondersteuning van beide die kommersiële en beginnerboere. “Dit beteken dat jy harder wil werk en meer wil doen, wanneer jy sien mense ondersteun jou en wens jou die beste toe.”

Qabathe hoop dat die vaal mynlandskap van haar geboortedorp eendag ook ruimte sal bied vir meer landbou-aktiwiteite. Dié doelgerigte LUR het ook ‘n kleinseun wat haar gedurende haar vryetyd besig hou.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
19.99
+0.7%
Rand - Euro
17.57
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.57
-0.3%
Silwer
20.55
-0.4%
Palladium
2,274.78
+0.7%
Platinum
923.41
+0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot