AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Myne, energie dryf verandering in Karoo

Die Karoo Biogapsprojek is van stapel gestuur om inligting oor biodiversiteit en ekostelsels te versamel in die dele van die Karoo waar die gapings lê.

Dis nie meer boerdery wat verandering in die Karoo dryf nie, maar die ontwikkeling van hernieubare energiebronne, soos sonplase en windlaaiers, die beplande ontginning van skaliegas en uraan en die oprigting van ’n radioteleskoop.

Dit was die konsensus by die jaarlikse forum vir die ekologie van droë gebiede (Azef) wat in Oktober op Prins Albert gehou is. Een van die tergendste probleme waarmee ekoloë in die droë gebiede te kampe het, is die groot gapings in hul kennis oor die biodiversiteit van die Karoo, wat in die visier van verskeie energie- en mynmaatskappye is.

Mnr. Ismael Ebrahim van Sanbi (Suid-Afrikaanse nasionale biodiversiteitsinstituut) sê dié gapings knou hul pogings om te bepaal watter habitatte sensitief is vir toekomstige veranderinge in grondgebruik.

“Die Karoo word beskou as ’n belangrike gebied vir ontwikkeling in Suid-Afrika, maar daar moet verantwoordelike besluite geneem word oor ontwikkelinge soos die ontginning van skaliegas en ander minerale, infrastruktuur vir die opwekking van hernieubare energie en die SKA-radioteleskoopprojek.”

Sanbi het geld by die Foundational Biodiversity Information Programme (FBIP) gekry om ’n konsortium van universiteite, navorsingsinstansies en museums te lei om hul kennis oor Karoo-ekostelsels te verbreed en sodoende te help om ingeligte besluite te neem. Deelnemers aan die “Karoo biogapsprojek” is sedert verlede jaar besig met opnames in gemerkte gebiede van die Karoo om plant-, insek-, reptiel- en soogdierspesies op te teken.

Azef is in die 1980’s gestig om navorsing te fokus op omgewingsprobleme soos erosie, die agteruitgang van grond en die uitsterwing van plant- en dierspesies en oplossings daarvoor te soek. Azef-lede wat die forum bygewoon het, besef egter nou dat die maatskaplike dimensies van droë gebiede ook moet aandag kry.

Mnr. Simon Todd van die Suid-Afrikaanse aardwaarnemingsnetwerk (Saeon) het gesê aangesien sowat 80% van die inwoners van die Karoo werkloos is en op maatskaplike toelaes oorleef, beskou hulle enige werksgeleenthede as positief, selfs al weet hulle dit het ’n ongunstige uitwerking op die omgewing.

Todd het ook gesê hulle moet meer navorsing doen oor veldrehabilitasietegnieke omdat die meeste van die ontwikkelings wat vir die Karoo beplan word, sowat 20 jaar gaan aanhou. “Daarna is die landskap vol getransformeerde gebiede, en ons gereedskap om dit reg te maak, is nie goed nie. Ons moet meer navorsing doen oor rehabilitasie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot