AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Namibië onttroon SA as wildbestemming

Namibië het Suid-Afrika as ? internasionale voorkeur-wildbestemming onttroon.

Suid-Afrika sal sy ereplek as bestemming van voorkeur vir die wildbedryf moet herwin om vordering in dié bedryf te bewerkstellig.

Mnr. Wiaan van der Linde, voorsitter van WRSA, sê Namibië het Suid-Afrika as voorkeur-wildbestemming onttroon. Hy was een van die sprekers op ’n konferensie van Vrystaat Landbou se jongboerkomitee in Bloemfontein.

"Suid-Afrika voldoen aan al die nodige vereistes om die wêreld se beste bestemming vir toeriste en jagters te wees. Ons het die verskeidenheid van wildspesies, asook goeie infrastruktuur," sê hy. "Dit sal egter 'n geruime tyd duur om Namibië te onttroon. Maar met behulp van die regte mense en hulpmiddels is dié mikpunt moontlik."

Om dié mikpunt te bereik, het Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) 'n tienjaarstrategie in werking gestel.

Faktore wat buurland bevoordeel

Volgens Van der Linde is een van die faktore wat die buurland tans bevoordeel, die feit dat dit makliker is om sake in Namibië te doen. "Ons het 'n stelsel van nege provinsies onder een sentrale regering, teenoor Namibië se stelsel van een regering met een sentrale lughawe en 'n bevolking van twee miljoen," sê hy. "In Suid-Afrika is daar baie meer rolspelers wat die wildbedryf beïnvloed."

Volgens hom is een van die faktore wat die wildtoerisme na Suid-Afrika benadeel, die kommersialisering van die bedryf wat dit minder “wild” gemaak het. "Daar is ’n plek vir alle benaderings in die plaaslike opset, maar die vraag is waar die fokus geplaas word," sê hy.

WRSA se strategiese benadering behels onder meer ’n duidelike onderskeid tussen kommersiële wildboerdery en die bewaring van die land se biodiversiteit. Dit impliseer ook dat die organisasie sy rol in bewaring teenoor wildboerdery moet bepaal.

“Die volledige waardeketting van die wildbedryf moet in so ’n mate gevestig word om die voordele van werkskepping, toerisme, maatskaplike verantwoordelikheid en ook die onbetwisbare bydrae tot transformasie uit te wys,” sê hy.

WRSA se strategiese doelwit vir 2026 is ook onder meer om onder die grootste drie landboubedrywe in Suid-Afrika te tel met sowat 30 miljoen ha landbougrond wat deur die wilbedryf benut word. Die bedryf se bydrae tot die land se BBP moet van R75 miljard tot R100 miljard per jaar verhoog word en sowat 350 000 werksgeleenthede bied.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot