
Rolspelers in die Namibiese vleisbedryf sou vandag (2 Julie) vergader om oplossings te vind wat die impak van die Suid-Afrikaanse dieregesondheidsmaatreëls en gevolglike totstilstandkoming van vee-uitvoer sal verlig.
Dit volg nadat die SA Voerkraalvereniging aangedui het hy is nie tevrede met die standaard operasionele prosedure waarop dié land se vleisbedryf besluit het nie en om uitstel gevra het vir ’n besluit wat Namibië gehoop het binne dae vir uitvoerders verligting sou bring. Die volgende ronde samesprekings sal nou eers op 21 Julie plaasvind, berig die Republikein.
Dr. John Shoopala, waarnemende direkteur van die direktoraat veeartsenydienste in die buurland, sê die Voerkraalvereniging is in gesprek met die Namibiese rooivleisbedryf en al die partye bly hoopvol vir ’n spoedige oplossing.
Bron: Republikein.