
Mnr. Ebbi Fischer van Hochfeld is deur die Namibiese Agronomiese Raad as sy meesterakkerbouer vir 2017 aangewys.
Fischer en sy vrou, Heide, boer met Brahman- en Braunviehbeeste en verbou mielies, hawer en akkerbone onder ’n klein spilpunt en op droëlande op hul plaas Okongeama. Hy saai elke jaar 100 ha mielies en 30 ha tot 50 ha voersorghum en akkerbone.
Sowat 90% van die oeste word verkoop en die res word vir die afronding van vee voor veilings gebruik. Die akkerbone word met stingels en al gemaal en met mieliereste, heel mielies, voerkonsentraat en melasse vir die veilingsbulle gemeng.
Die gewasse onder die spilpunt word uit boorgate besproei. Ondergrondse water is skraps en Ebbi wil nie sy bronne oorbenut nie; daarom plant hy nie meer gewasse onder besproeiing nie.
Hy en sy swaer, mnr. Mecki Schneider van Grootfontein, het verlede jaar ’n outomatiese voerstasie by die Kanadese maatskappy GrowSafe gekoop waarmee hulle bulle se voerinname meet om te bepaal watter diere voer die beste na vleis omskakel. Die voerstasie op Fischer se plaas geïnstalleer.