AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Namibië: Toetse vir bees-TB gaan voort

Die toets vir beestuberkulose vir speenkalwers uit Namibië na Suid-Afrika, is nie afgeskaf nie.

Verwarring heers in die Namibiese en Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf nadat vroeër uit Namibië berig is die toets vir beestuberkulose, wat deel vorm van die regulasies om speenkalwers uit Namibië na Suid-Afrika in te voer, is afgeskaf.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het egter kort ná die berigte in ’n verklaring gesê Suid-Afrika het nié afgesien van die invoervereistes rakende beestuberkulose ten opsigte van vee wat na voerkrale en abattoirs ingevoer word nie.

Onder die vereistes is:

¦ Vee wat na ’n voerkraal of abattoir ingevoer word, mag geen teken van beestuberkulose toon op die dag van vervoer nie.

¦ Die vee moet kom van ’n kudde wat vry is van die siekte, of moes binne 30 dae voor uitvoer negatief getoets het vir die siekte.

¦ Die vee mag nie weens ’n uitwissingsprogram teen beestuberkulose uitgevoer word nie.

Die departement sê hoewel Namibië homself as vry van tuberkulose beskou en opname-inligting aan die veeartsenykundige owerhede van Suid-Afrika verskaf het, kan dié inligting nie wetenskaplik bewys dat Namibië wel vry van die siekte is nie.

Dr. Pieter Prinsloo, ondervoorsitter van die RPO, sê die regulasies kan in elk geval nie eensydig verander word nie, selfs al sou Suid-Afrika die regulasies wou opskort.

Duidelike regulasies

“Suid-Afrika moet aan die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) se regulasies voldoen. Die land het duidelike regulasies, waaroor daar ooreengekom is, wat bepaal vir watter siektes getoets moet word. Ongelukkig beskou die OIE alle lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap as positief vir tuberkulose, en totdat hierdie lande as tuberkulosevry beskou word, sal die regulasies nie kan verander nie,” het Prinsloo gesê.

Mnr. Paul Strydom, bedryfsbestuurder van die Namibiese Vleisraad, het aan Landbouweekblad gesê so ’n kwytskelding sou ’n uiters gunstige uitwerking op dierewelsyn en die finansiële welstand van die Namibiese bedryf gehad het.

“Dit sou beter vir die diere gewees het omdat daar minder hantering sou plaasvind, wat minder spanning onder hulle sou veroorsaak. Daar sou ook ’n ligter finansiële las op veeboere gewees het omdat die beestuberkulosetoets duur is.”

Kudde van oorsprong

Intussen gaan die toetsing van vee vir die siekte voort voordat hulle Namibië mag verlaat. Strydom sê die toetse behels dat die kudde van oorsprong en die individuele diere wat uitgevoer gaan word, getoets moet word.

“Die regulasies word ook in Namibië streng toegepas sodat die eerste uitvoer sowat 60 dae nadat die kuddetoetsing plaasgevind het, kan geskied. In dié tyd kan geen bemarking plaasvind nie. In die huidige droogte kan die diere weens ’n moontlike gebrek aan weiding nie na ’n versamelplaas geskuif word om later verkoop te word nie.”

Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Namibiese Lewendehaweprodusente-organisasie, het gesê die uitvoerkwessie het tot dusver ’n reuse-ekonomiese impak op speenkalfboere in die land gehad, met party boere wat verliese van N$400 000 tot N$500 000 gely het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.4%
Rand - Pond
20.00
-0.2%
Rand - Euro
17.69
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.69
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,665.98
+0.3%
Silwer
18.94
+0.6%
Palladium
2,180.00
-1.2%
Platinum
872.00
+0.5%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
56,921
0.0%
Alle aandele
63,264
0.0%
Hulpbronne 10
59,793
0.0%
Industriële 25
76,769
0.0%
Finansiële 15
13,707
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot