
Namibië se nasionale beplanningskommissie het mnr. Ryno van der Merwe, een van dié land se voorste Brahmanboere, aangestel om die regering raad te gee oor hoe om ekonomiese groei in die land oor die volgende drie jaar te bewerkstellig.
Van der Merwe is ook die voorsitter van die Namibiese Landbou-unie en van dié land se Brahmantelersgenootskap.
Van der Merwe sal een van 17 beplanningskommissarisse wees wat onder meer ontwikkelingsplanne op kort, medium- en lang termyn moet ontwikkel, voorrangsakevir ontwikkeling moet identifiseer en die regering se beleid evalueer.
Bron: Namibiese Landbou-unie