AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Namibiese boere ontsteld oor regstellende aksie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Kommer heers in Namibiese landboukringe oor die nuutste regulasies oor regstellende aksie wat nou ook boere insluit.

Ingevolge ’n kennisgewing op 15 September 2022 in die Staatskoerant is die drumpel vir werkgewers wat nou aan die wet moet voldoen, verlaag vanaf besighede met 25 en meer werknemers tot 10 of meer werknemers. Dit beteken klein besighede, wat kommersiële boere en houtskoolprodusente insluit, word nou as kwalifiserende werkgewers gedefinieer wat aan die voorskrifte van die Wet op Regstellende Aksie (Wet 29 van 1998) moet voldoen.

Volgens die Namibiese Landbou-unie (NLU) moet hierdie klein besighede nou ook driejaarlikse regstellende aksieplanne opstel en jaarlikse verslae indien. “Die NLU het met kommer kennis geneem van hierdie eensydige, arbitrêre optrede deur die ministerie van arbeid, waar werkgewers glad nie geken is in hul voorneme nie. Die saak is nie eens bespreek op die vergadering van die kommissie van diensbillikheid waarop werkgewers sitting het nie en ook die arbeidsadviesraad is hierin geïgnoreer.”

Die NLU het die landbouwerkgewersvereniging (LWO) reeds opdrag gegee om dringend met die Namibiese werkgewersfederasie (NEF) te skakel sodat die saak met die ministerie van arbeid namens die private sektor bespreek en duidelikheid gekry kan word, sê die NLU in sy weeklikse nuusbrief.

Die doelstellings en voorskrifte van hierdie wet maak nie sin vir sulke klein besighede nie en sal ’n nadelige uitwerking op ekonomiese groei en werkskepping hê. Werkloosheid onder die jeug is reeds ongeveer 40%.

Intussen is dit duidelik dat boere uit hul pad gaan op hul werkers deeglik te vergoed vir hul dienste. Volgens die LWO se tweejaarlikse loonopname vir die 2021-’22-boekjaar bedra die gemiddelde waarde van die basiese salaris van plaasarbeiders (kontant en rantsoene) R2 574 per maand; ’n styging van 8,79% teenoor die 2020-opname. Dit bestaan uit kontant van R1 880 en rantsoene van R694 en is 56% hoër as die minimum loon vir plaaswerkers van R1 653, wat nietemin net ’n intreeloon vir jong werkers sonder ondervinding is.

Die gemiddelde totale vergoedingspakket, die waarde van gratis byvoordele ingereken, beloop R3 934, wat bewys die vergoeding van plaasarbeiders op kommersiële plase van NLU-lede is gesond en mededingend, volgens die NLU. Byvoordele sluit in gratis behuising, vervoer vir skoolkinders na skole, vervoer vir arbeiders en hul afhanklikes na klinieke en hospitale, en gratis aanhou van vee en ander diere.

Boere het gemiddeld 7,26 werkers in diens. Sowat 67% van huishoudings het elektrisiteit. Nagenoeg 94% van die boere betaal ’n jaarlikse bonus en 79% het vir hul werkers gedurende die jaar salarisverhogings gegee.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot