AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Namibiese veebedryf kan groot skade ly

Die Namibiese veebedryf gaan reuse-skade ly indien nuwe, streng invoervereistes van lewende hawe na SA in werking tree.

Die nuwe, streng veeartsenykundige vereistes vir die invoer van lewende hawe na Suid-Afrika tree op 1 Mei in werking. Dit kan die Namibiese veebedryf groot skade berokken.

Belanghebbendes in dié bedryf maak hewig beswaar omdat die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR) na bewering van standpunt verander het oor die invoer van lewende hawe vir slagdoeleindes. Aanvanklik is gesê slagbeeste en speenkalwers wat na voerkrale gaan, kan uit Namibië ingevoer word, maar twee weke gelede is Namibië in kennis gestel dat dit nie meer die geval is nie.

Namibië het meer tyd nodig
Volgens mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Namibiese Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), voer die bedryf jaarliks 150 000 tot 200 000 beeste na Suid-Afrika uit. Namibië sal nie genoeg tyd hê om sy infrastruktuur te verander en plek te maak vir al die diere nie. “Ons is ’n netto-uitvoerder en sal nie al die diere plaaslik kan verkoop nie,” sê Schneider.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het verlede jaar aan Landbouweekblad gesê Suid-Afrika wil sy maatreëls vir die invoer van lewende hawe vanuit alle buurlande standaardiseer.

Die nuwe maatreëls bepaal onder meer dat lewende hawe duur bloedtoetse moet ondergaan voordat dit ingevoer kan word. Schneider sê Namibië het ’n baie hoër internasionale gesondheidstatus as Suid-Afrika. Daarom is die aandrang op die toetse onaanvaarbaar.

Mnr. James Chapman, Namibiese veeboer, het gesê opkomende en kommunale boere gaan die swaarste getref word omdat hulle ’n bestaan maak uit die beeste en bokke wat hulle kontant op veilings verkoop. Dié diere word dan as slagdiere na Suid-Afrika uitgevoer.

Skielike ommeswaai
Die dokument met die nuwe vereistes is in Desember verlede jaar aan die Namibiese owerhede gestuur en sou op 1 Januarie vanjaar in werking tree, maar die Namibiese veebedryf het om uitstel tot 1 Mei gevra.

“Ons kon nie dié dokument aanvaar nie,” sê Chapman. “Die Namibiese Veterinêre Raad en die SAVR sou die finale besluit neem en hulle het ooreengekom dat ons steeds lewende hawe na Suid-Afrika kon uitvoer.”

Chapman het gesê hulle is skriftelik in kennis gestel van dié vergunning, maar het twee weke gelede skielik verneem die maatreëls gaan steeds in werking tree.

Volgens die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging (SAVV) het die RPO ontken dat hy betrokke is by die opspraakwekkende gebeure. Die RPO kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot