AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Nampo 2022 kry ’n vyfde dag by

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nampopark op Bothaville. Foto: Liza Bohlmann
Nampopark op Bothaville. Foto: Liza Bohlmann
Terwyl die span van Graan SA wag om terugvoer te kry van die regering oor sy aansoek om die Nampo-oesdag 2022 aan te bied, is aangekondig dat dit vanjaar vyf dae gaan duur.

Te midde van voortdurende onsekerheid onder die heersende nasionale ramptoestand, en talle gesprekke daaroor op Graan SA se jaarlikse kongres vandeesweek, is gister op die kongres ten gunste van die aanbied van die Nampo-oesdag gestem, met die nakoming van enige nasionale regulasies wat geldig kan wees.

Ná twee jaar sonder Nampo sal die Nampo-oesdag vanjaar van 16 tot 20 Mei aangebied word. Ja, jy’t reg gelees, dis vanjaar vyf dae en nie die tradisionele vier nie. Graan SA het dit vroeër vandag aan alle uitstallers en in ’n verklaring bevestig.

Die span van Graan SA het op die organisasie se kongres aan Landbou.com gesê hoewel die organisasie wag op terugvoer van die nasionale korona-bevelsraad oor sy aansoek om die Nampo-oesdag vanjaar te kan aanbied, gaan die span volstoom voort met reëlings.

Uitstallers het tydens die kongres gesê dat hulle gereed is om aan hul stalletjies te werk en sommige boere het geskerts dat hulle en hul gesinne so graag Nampo wil hou dat hulle in Mei by die terrein sal opdaag en op hul eie Nampo sou hou as dit moet.

“Die uitwerking om sedert 2019 nie die Oesdag op Nampopark te kon aanbied nie, het verreikende gevolge nie net vir die organisasie gehad nie, maar ook vir die omliggende dorpe. Die plaaslike distrik, wat nog nie heeltemal van die buitensporige waterskade in Januarie herstel het nie, maak staat op die ekonomiese en finansiële inspuiting wat die Oesdag meebring,” sê dr. Dirk Strydom, Graan SA se hoof van bemarking, Nampo en navorsing, luidens die verklaring.

In oorleg met uitstallers het meer as 80% aangedui dat dit nodig is om die Oesdag in Mei 2022 aan te bied, en hulle was dit eens dat ’n ekstra dag in die skedule broodnodige sakegeleenthede kan byvoeg. “Met byna 800 uitstallers is Nampo dié platform om met die landboubedryf se topbelanghebbendes te netwerk, vriendskappe en verhoudings te versterk en te geniet wat hierdie unieke vertoning bied in ’n rustige plaas-atmosfeer,” lui die verklaring.

Volgens mnr. Danie Minnaar, voorsitter van die Nampo-oesdag, is die beste tegnologie en kennis vir produsente om volhoubaar te boer by Nampo te vinde. “Al bly die landbou onder aansienlike druk, het boere steeds genoeg geesdrif vir boerdery om elke aspek van die landbou wat die Oesdag bied, te verken om mededingend en relevant te bly.”

Die afwesigheid van die Oesdag het die belangrike rol wat dit speel om netwerkvorming in die landbousektor moontlik te maak, beklemtoon. “Om regeringsverteenwoordigers en belanghebbendes uit die landbouwaardeketting te ontvang, bied geleentheid vir belangrike en soms moeilike gesprekke in ’n omgewing wat bevorderlik is vir en gemik is op die bevordering van die sektor plaaslik en regdeur Afrika suid van die Sahara,” sê dr. Pieter Taljaard, Graan SA se uitvoerende hoof.

Graan SA sê hy sit nou volstoom skouer aan die wiel met beplanning, en besonderhede rakende kaartjieverkope en toegangstye sal mettertyd bekend gemaak word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot