AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4818
-37,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9848
-120,00
WEAT
27 Sep
-
7045,8
-12,20
WMAZ
27 Sep
-
4838
-28,00
YMAZ
27 Sep
-
4680
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nasie in Gesprek – suksesstories

Wat doen ontwikkelende boere om sukses te behaal en hoe hanteer suksesvolle produsente inisiatiewe vir bemagtiging?

Dag een van Nasie in Gesprek het op 'n suksesvolle noot by Nampo Oesdag afgeskop met anker Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, wat oor suksesstories met mnr. Phillip Retief, hoof uitvoerende beampte van Van Loveren Wingerde; mnr. Solomon Masango, Graan SA 2015 Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar; en mnr. Lennox Plaatjies, bedryfshoof van Witzenberg PALS, gesels het.

Die fokus was op die sukses van ontwikkelende produsente en bemagtigingsinisiatiewe en al drie paneelgaste het saamgestem dat die geheim van sukses sonder twyfel die “wil” is om dit te doen. “Jy moet suksesvol wil wees,” het Solomon gesê.

Solomon het die mynbedryf verlaat en sy hand aan die landbou probeer omdat hy “boerdery as 'n hernubare en volhoubare bron beskou. As jy die mynproduk eers uit die grond haal, kan dit opraak; by landbou word 'n produk produseer en die grond kan elke jaar herplant word.”

Sewe jaar met sewe beeste

Solomon het omtrent sewe jaar gelede met slegs sewe beeste en een hektaar grond begin, en vandag het hy al kommersiële status bereik. Sy geheime vir sukses is om “hulp van ander kommersiële boere te soek, om gewillig te wees om te leer, en om versekering in plek te hê”

Mnr. Phillip Retief het die Van Loveren Wingerde se suksesstorie gedeel waar die familiebesigheid besluit het om hulle 116 werkers deur 'n volgehoue vennootskap te bemagtig. Hier het twee entiteite saamgewerk om 'n nuwe plaas in 2004 te koop en te ontwikkel. Hier besit die werkers 52% van die besigheid wat nog elke jaar dividende gelewer het. “Die grootste uitdaging was kommunikasie en onderrig om die besigheid te verstaan. Ons het met mense van verskillende ouderdomsgroepe te doen gehad en dit was belangrik dat hulle verwagtinge bestuur moes word.”

Retief se raad aan ander kommersiële produsente wat in soortgelyke skemas betrokke wil raak, is: “Doen dit omdat jy wil, nie omdat jy moet nie, moet ook nie brûe verbrand nie en wees geduldig,” het hy gesê.

Span saam met kommersiële produsente

Lennox het die storie van die Witzenberg PALS projek, Vennote in Landbou en Grondoplossings gedeel, wat in Mei 2015 tot die totstandkoming van 'n nie-winsgewende organisasie gelei het. Hierdie organisasie het met kommersiële produsente in die area saamgespan om aan die hand van die regering se Nasionale Ontwikkelingsprogram die ontwikkelingsteikens in die plan te behaal.

“Vierhonderd produsente het betrokke geraak en hul steun en betrokkenheid beloof. Nou, 'n jaar later het ons verskeie individue in die gemeenskap geïdentifiseer waar ons aktief betrokke is om hulle by te staan met vaardigheidsontwikkeling en mentorskapsprogramme. Die grootste sukses tot op hede was die totstandkoming van die Witzenberg PALS sentrum vanwaar die projek bestuur word.”

Deur dialoog met die paneelgaste het Vorster tot die slotsom gekom dat van die grootste uitdagings vir opkomende produsente en hulle suksesstories is regeringsburokrasie, toegang tot befondsing, hulpbronregte, soos water en elektrisiteit, en die wil om suksesvol te wees.

* Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by die verskeie App winkels en neem lewendig deel aan die gesprek.

Kyk na al die episodes op Youtube http://bit.ly/1V5SBwN en hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy https://www.facebook.com/NationinConversation/ asook op Instagram https://www.instagram.com/nationconverse/ .

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,637.00
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,041.34
-0.1%
Platinum
861.76
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,305
+0.0%
Alle aandele
63,663
+0.1%
Hulpbronne 10
56,065
-0.3%
Industriële 25
79,425
-0.1%
Finansiële 15
14,087
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot