AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Naspeurstelsels vir rooivleis kom

Die pad is oop vir 'n nasionale naspeurstelsel vir Suid-Afrikaanse rooivleis nadat 'n dokument vir dié doel pas deur betrokkenes in die bedryf in Pretoria aanvaar is.

Twee werksessies oor die wenslikheid van 'n nasionale naspeurstelsel vir rooivleis is al in die verlede gehou. Dié keer is die inisiatief deur die nasionale Departement van Landbou geneem en kon die deelnemers fokus op 'n ontwerp-beleidsdokument vir 'n nasionale naspeurstelsel wat mnr. Keith Ramsey, Registrateur van Diereverbetering en -identifikasie voorberei het.

Dr. S. Moephuli, Direkteur-Generaal: Genetiese Hulpbronne, het in sy verwelkoming daarop klem gelê dat die beoogde stelsel ruimte vir alle vlakke van die bedryf moet bied - van kommunale boere tot op eerstewêreldvlak waar die produk op internasionale markte moet meeding. 'n Voorvereiste is dat alle metodes van identifikasie soos nommers en kodes op die nasionale datastelsel geregistreer moet word en dat rekords vir inspeksie en oudit beskikbaar moet wees. Voorts is dit belangrik dat so 'n stelsel toevoeg tot die waarde van 'n produk, terwyl dit steeds koste-effektief aangewend kan word.

Die naspeurstandaarde in die aanvaarde dokument bied 'n keuse van drie vlakke van identifikasie. Dié vlakke kan afsonderlik of in kombinasie met mekaar benut word:

*Vlak 3 maak voorsiening vir veeverbetering en algemene veeboerderybestuur. Hier gaan dit hoofsaaklik oor die merk van individuele diere op 'n manier wat hulle maklik identifiseerbaar maak. Sulke merke sal in die nasionale datastelsel aan die eienaar gekoppel wees.

*Vlak 2 het meer te doen met siektebeheer en die bewys van eienaarskap van diere. Vir dié doel kan deelnemers van retinale aftasting gebruik maak of die diere individueel merk met 'n reeks unieke oorplaatjies, elektroniese merkers of enige permanente peutervrymerk wat die Registrateur van Diereverbetering en -identifikasie of die direktoraat Veeartsenydienste of hul benoemdes sal uitgereik.

*Vlak 1 maak voorsiening vir totale naspeurbaarheid vanaf die plaas tot by elke snit van die karkas. Identifisering vir hierdie vlak is DNS-gebaseer in ooreenstemming met spesifieke vereistes van lande waarheen vleis uitgevoer word. Dit is ook die vereiste vir vleiskunde en -navorsing; bewys van eienaarskap in die geval van lewende diere, vleisprodukte, huide en velle; vir bepaling van genetiese oorsprong soos by embrio's en semen en siektebeheer in ooreenstemming met uitvoerprotokolle.

27 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot