AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Navorsing oor koeie se byvoeding beloon

'n Matie-student is vereer vir haar navorsing oor veselryke voer wat veral in die winter vir Jerseykoeie as byvoeding gegee kan word.

'n Student aan die Universiteit Stellenbosch het ontdek hoe veekundige navorsers met slim proefnemings boere kan help om die beste uit hul kuddes te kry. Dit het Lobke Steyn 'n nasionale medalje in die sak gebring as ontvanger van die Junior Kaptein Scott-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Dié cum laude-student het die medalje ontvang vir die beste MSc-verhandeling in veekundige wetenskappe wat landwyd deur 'n universiteitstudent gelewer is. In haar tesis, getitel “Supplementation of a high fibre concentrate to Jersey cows on pasture”, het sy gekyk na alternatiewe veselryke voer wat veral in die winter as byvoeding vir Jerseykoeie gegee kan word. Die meeste van haar navorsing het sy op die Outenikwa-navorsingstasie van die Wes-Kaapse departement van landbou op George gedoen, waar die Jerseykoeie permanent op aangeplante weidings aangehou word. Soggens en saans word hulle in die melkportaal  gemelk, en kry dan sommer ook hul kragvoer net na melking.

Kikoejoe, oorgesaai met raaigras, is die mees algemene weidingtipe waarop beeste in die Suid-Kaap aangehou word. In die wintermaande groei kikoejoe egter nie, terwyl die groeitempo van raaigras baie laag is. Dit veroorsaak dikwels  ’n tekort aan ruvoer, wat dan aangevul moet word met, onder meer, lusernhooi. Die prys daarvan in die Wes-Kaap kan egter taamlik hoog wees, en dus sny dit die winsgrense van weidinggebaseerde melkproduksie.

Steyn het haar visier daarop gestel om winsgewender en doeltreffende hoëvesel-kragvoere te identifiseer om die probleem van genoeg winter-ruvoer  te oorkom. So het haar oog geval op veselryke graanneweprodukte wat as aanvulling gegee kan word saam met sappige winter- en lenteweidings.

Een wetenskaplike artikel oor haar navorsing het reeds in die internasionale vaktydskrif Animal Feed Science and Technology verskyn. Steyn is nou besig met navorsing vir haar doktorsgraad  en dié keer kyk sy na watter byvoere boere winsgewend én doeltreffend kan gebruik as aanvullings vir hul melkkoeie waarmee daar in intensiewe weidingstelsels geboer word.

“Boere wil nie noodwendig so afhanklik van mielies wees as aanvullings vir melkkoeie nie,

meen Steyn, wat besig is om die moontlikhede rondom die gebruik van sitruspulp, ’n uitskotproduk van die sitrusbedryf  en melasse, 'n neweproduk van die suikerbedryf,  te ondersoek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-1.3%
Rand - Euro
17.74
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,663.03
+0.1%
Silwer
19.04
+1.2%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.50
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot