AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9000
50,00
CORN
07 Okt
-
4883
-10,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10630
150,00
WEAT
07 Okt
-
7350
9,00
WMAZ
07 Okt
-
4960
-5,00
YMAZ
07 Okt
-
4640
-20,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nederlandse regering betaal miljarde sodat hul boere sal ophou boer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Nederlandse regering het ’n plan bekend gestel om die veestapel in die land oor die volgende 13 jaar met tot ’n derde te verminder. Foto: Veepro Holland
Die Nederlandse regering het ’n plan bekend gestel om die veestapel in die land oor die volgende 13 jaar met tot ’n derde te verminder. Foto: Veepro Holland
Die land met die digste veestapel in Europa het ’n probleem wat sy boere ietwat mismoedig maak.

Nederland, bekend as die klein landjie wat die wêreld kos gee, moet sy lewende hawe aansienlik verminder weens die massiewe besoedelingsprobleme wat yslike vragte dieremis veroorsaak. 

Nou het Nederland se nuwe regering ’n plan bekend gestel wat die landbousektor ingrypend kan verander. Hy het €25 miljard opsygesit om boere te betaal om op te hou boer. Die doelwit is om die aantal varke, beeste en hoenders in Nederland met tot ’n derde te verminder deur in die volgende 13 jaar boere uit te koop, te hervestig of na ekstensiewe boerdery te laat oorskakel. 

Nederlandse boere en landbou-organisasies beoog optrede teen die plan, wat as die eerste in sy soort ter wêreld beskou word. Hulle sal enige stappe wat nie vrywillig is nie, teenstaan. “Die vraag is of die regering toegelaat moet word om boere van hul grond te verwyder,” sê me. Marije Klever, ’n melkboer en lid van die jongboer-vereniging, volgens The Guardian. “Die regering kan nie vir die boere sê hulle moet ophou boer nie, daar moet ’n ooreenkoms wees.”

Maar intussen stoei Nederland, die EU se grootste vleisuitvoerder en naas Amerika die wêreld se grootste uitvoerder van landbouprodukte, met ’n besoedelingskrisis wat deur die diere se mis en urine veroorsaak word. Dit vorm ammoniak, ’n stikstofverbinding wat kwesbare natuurlike habitat en ondergrondse waterbronne besoedel wanneer dit in riviere en mere beland. 

Daar is na raming sowat 1,6 miljoen beeste op 16 000 melkplase, sowat 11 miljoen varke op 3 000 plase en 49 miljoen braaihoenders wat jaarliks tot 1 miljoen ton hoendervleis produseer. Lewende hawe is verantwoordelik vir 16% van Nederland se kweekhuisgas-vrystellings. 

“Ons kan nie die klein land wees wat die wêreld voed as ons onsself bevuil nie,” sê mnr. Tjeerd de Groot, parlementslid van die D66-party, een van die koalisielede van die nuwe Nederlandse regering wat die besoedelingskwessies moet aanpak en moet toesien Nederland verbreek nie die EU se omgewingswette oor die bekamping van ’n oormaat stikstof in natuurlike omgewings nie. 

Die plan om boere uit te koop, sal aanvanklik op ’n vrywillige grondslag uitgevoer word, maar De Groot sê as ’n laaste uitweg kan dit nodig wees om boere te verplig. Landbougroepe sê egter hulle sal slegs vrywillige maatreëls aanvaar en wil tyd hê om die probleem met tegniese innovering op te los. Hulle voel ook die geld wat die regering beskikbaar stel, moet eerder aangewend word om hulle te help om die soort klimaatsvriendelike infrastruktuur op hul plase in te rig soos vereis word deur die magdom strenger omgewingswette waaraan hulle moet voldoen. 

Mnr. Corne de Rooij van die suidelike provinsie Brabant sê dit gaan hom tot €1 miljoen kos om sy skuur klimaatneutraal te kry. Baie boere is reeds vasgevang in skuldstrikke weens die intensiewe boerderystelsel wat boere dwing om met al hoe meer diere te boer om winsgewend te wees. Dit beteken dikwels dat hulle groot skuld aangaan om te kan aanhou boer. 

De Groot sê egter daar is reeds te lank gewag. “Ons moet wegbeweeg van laekoste-produksie van voedsel wat skade aan die omgewing en boere se sakemodel aanrig. In sommige gebiede kan dit beteken dat daar nie meer plek is vir intensiewe boerdery nie.”

Bykomende bronne: Phys.org en The Guardian
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,711.80
-0.1%
Silwer
20.75
+0.4%
Palladium
2,255.50
-0.3%
Platinum
932.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,198
-0.4%
Alle aandele
65,573
-0.4%
Hulpbronne 10
63,523
+0.4%
Industriële 25
79,396
-0.8%
Finansiële 15
13,959
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot