AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nege plaasaanvalle in SA in 2013

Altesame nege plaasaanvalle landswyd is binne die eerste drie weke van die jaar deur die TLU SA aangeteken.

Altesame 51 plaasmoorde is tydens 141 aanvalle verlede jaar deur die TLU SA in Suid-Afrika aangeteken. Daarvolgens het die aantal aanvalle tussen 2011 en verlede jaar van onderskeidelik 85 tot 141 toegeneem, terwyl die aantal moorde in dieselfde tydperk van 52 tot 51 gedaal het.
 
“Die maatstaf lê egter in die aantal plaasaanvalle. Dit beteken dat die aanslag op die boere verskerp. Die feit dat daar minder gevalle wat noodlottig is tydens die verhoogde aantal plaasaanvalle was, kan waarskynlik toegeskryf word aan die groter paraatheid van boere en die feit dat al hoe meer boere hulle aanmeld by selfverdedigingskursusse, soos wat TLU SA onder meer aanbied,” verduidelik mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter.
 
Volgens die statistiek wat die organisasie tot dusver vir die jaar bygehou het, het nege aanvalle in die eerste 18 dae van 2013 landswyd voorgekom, met twee moorde wat gepleeg is. Vyf van die aanvalle, waartydens twee moorde gepleeg is, het in die Vrystaat voorgekom. Geldenhuys sê dié moorde verteenwoordig reeds ’n derde van die ses plaasmoorde wat verlede jaar in die provinsie voorgekom het.
 
Veroordeling
Intussen het mnr. Ace Magashule, premier van die Vrystaat, hom uitgespreek teen die plaasaanvalle wat die provinsie teister. Luidens ’n berig in die Volksblad het Magashule gesê die Vrystaat kan aanvalle eenvoudig nie bekostig nie, en skerp optrede is nodig teen dié wat boere terroriseer.
 
Volgens mnr. Wisani Ngobeni, Magashule se woordvoerder, veroordeel Magashule die aanvalle en wil hy hê die aanvallers moet vinnig deur die owerhede vasgetrek word. “Die provinsie kan nie bekostig dat sy boere op hul plase geterroriseer word nie. Boere is belangrike rolspelers in die ekonomie.”
 
Toename
Die TLU SA sê hy is bekommerd dat die arbeidsonrus in die Wes-Kaap en die “revolusionêre praatjies” wat daarmee gepraadgaan ’n invloed het op die oënskynlike toename in plaasaanvalle die afgelope tyd. Geldenhuys sê dit lyk asof steeds meer werknemers of voormalige werknemers by aanvalle op boere betrokke is.
 
Met Cosatu se beweerde uitsprake oor ’n grondoorlog en die feit dat boere moontlik noodgedwonge werkers sal moet aflê indien ’n te hoë minimum lone vasgestel word, kan volgens Geldenhuys beteken dat boere teikens kan word.
 
“Boere moet hul veiligheidsnetwerke dringend op ’n gereedheidsgrondslag kry. Hulle moet hul veiligheidstelsels herevalueer, ongeag of hulle tans dalk meen dat dit voldoende en veilig is,” aldus Geldenhuys.
 
Bron: Volksblad
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.98
+0.5%
Rand - Pond
20.22
-0.3%
Rand - Euro
17.56
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.65
-0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,671.34
+0.6%
Silwer
20.21
+6.2%
Palladium
2,231.50
+3.0%
Platinum
892.86
+3.3%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,750
+0.6%
Alle aandele
64,082
+0.6%
Hulpbronne 10
61,663
+2.4%
Industriële 25
77,327
-0.1%
Finansiële 15
13,749
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot