
Die beskuldigdes is op Woensdag 13 April by Malelane in hegtenis geneem en het vandag in die Tonga-landdroshof verskyn. Borgtog van R20 000 elk is aan hulle toegestaan en die verhoor is tot 13 Julie uitgestel.
Die beskuldigdes is Phephisa Mike Mkhabela (33), Madoda Kenneth Nkambule (45), Onkie Justice Thabethe (34), Mduduzi Sydwell Nkambule (44), Bongani Justice Mabelane (45), Desire Mzara, Ronald Chihwehwete (42), Yashel Singh (37) en Makgomeng Thato Kgaphola (34).
Volgens ao. Bonnie Nxumalo, polisiewoordvoerder, is geld aan die verdagtes toevertrou om boere te help met finansiering en die diens van masjinerie en besproeiingstelsels. Daar is egter in Desember 2020 bevind dat die beskuldigdes vermoedelik vals fakture ter waarde van R28 miljoen uitgereik het vir dienste wat nooit gelewer is nie.
Die saak is by die Valke aangemeld en ondersoek.
*Landbou.com het RCL Foods vroeër om kommentaar genader en sal die berig aanpas sodra dit ontvang word.