AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Nene sluit by Botha Roodt aan

Botha Roodt mik hoog met die Tesourie-veteraan, mnr. Nhlanhla Nene.

Mnr. Nhlanhla Nene, voormalige Minister van Finansies, sluit hom binnekort by die direksie van die markagentskap Botha Roodt aan nadat die gesiene swartbeleggingsmaatskappy Thebe ’n 51%-aandeel in dié onderneming bekom het.

Thebe is in 1992 deur swart sakelui gestig om agtergeblewe gemeenskappe op te hef. Volgens mnr. Mokgethi Tshabalala, uitvoerende hoof van die Thebe-stigting, wat die maatskappy se opheffingswerk behartig, is Botha Roodt ’n belangrike aanwins vir Thebe om sy doel van marktoegang vir alle boere te verwesenlik.

“Toegang tot markte en markgereedheid is vir alle boere ’n stryd, maar veral vir opkomende boere,” sê Tshabalala. Hy voeg by dat die Botha Roodt-transaksie baie kan help met tegniese ondersteuning en marktoegang. “Hierdeur kan ons ’n toenemende vraag na dié boere se produkte ontwikkel, maar ook wit boere aan markte blootstel waar hulle nie voorheen blootstelling gehad het nie,” sê hy.

“Die aanwins van ’n agentskap gee ons ook die geleentheid om noodsaaklike markintelligensie te bekom ten einde produksiebeplanning te kan doen en prysstrategieë beter te ontwikkel.”

Direksie

Nene was van November 2008 tot met die 2014-verkiesing Adjunkminister van Finansies onder mnr. Pravin Gordhan en het laasgenoemde opgevolg as minister. Sy skielike afdanking verlede jaar het Suid-Afrika se finansiële stelsel miljarde rande gekos. Hy is nou ’n finansiële raadgewer by Thebe.

“Nene sal ’n leidende rol speel as ’n nie-uitvoerende direkteur in die direksie van Botha Roodt. Sy ervaring sal van onskatbare waarde wees om Botha Roodt se sakebelange te laat groei en die onderneming reg te posisioneer om ons oogmerke te bereik,” sê Tshabalala.

Groei

Tans doen Botha Roodt slegs op die Johannesburgse Varsproduktemark sake, maar ’n uitbreiding na Pretoria en Kaapstad en selfs Durban is op kort termyn in die vooruitsig. “Ons sal graag ook na uitvoergeleenthede vir ons produsente wil begin kyk.

Thebe se doel is om so wyd as moontlik in die waardeketting betrokke te wees. Ons sal dus al hoe meer voedselverwerkingsgeleenthede ondersoek,” sê Tshabalala. Volgens mnr. Chris Roodt, ’n direkteur van Botha Roodt, is dit ’n groot geleentheid vir die agentskap. “Die kontantinspuiting maak uitbreiding en beter bemarking moontlik, en met die huidige bestuurspan wat by die agentskap aanbly, is ons optimisties oor die toekoms.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot