AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nerpo eis hoof van OBP se kop

Nerpo eis die hoof van Onderstepoort se afdanking.

Na herhaaldelike voorvalle waar die land se dieregesondheid in gedrang gebring is weens Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) se onvermoë om entstowwe geredelik beskikbaar te hê, eis die Opkomende Rooivleisprodusentevereniging (Nerpo) dat ’n meer energieke uitvoerende hoof aangestel moet word.

Nerpo het ’n sterk bewoorde brief met aanbevelings oor hoe die OBP weer tot ’n top instelling herstel kan word, aan mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gestuur.

Uit die aanbevelings is dit duidelik dat die minister moet toesien dat dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerende beampte van OBP, in die pad gesteek word. Mnr. Aggrey Mahanjana, groepsbestuurder van Nerpo, skryf dat siende OBP besig is met herkapitaliseringsprogramme is nou die regte tyd om ’n “meer energieke uitvoerende hoof” aan te stel om die instelling op ’n herstelpad te plaas.

“ ’n Nuwe uitvoerende hoof word benodig om nuwe lewe te blaas in die maatskappy as deel van die opvolgplan. Hierdie is baie moeilike besluite wat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye moet neem, maar dit is nodig vir die oorlewing van die maatskappy en die landbousektor.”

Hy het aan Zokwana uitgewys dat OBP die afgelope jare nie die nodige entstowwe kon vervaardig en aan veeboere lewer nie. Om die probleem erger te maak, is OBP die enige vervaardiger van sekere entstowwe.

In 2006 moes die land entstof vir bek-en-klouseer van Botswana invoer omdat dit nie plaaslik vervaardig kon word nie. Hierdie is ’n bewys dat die land se vermoë om self kritieke entstowwe te verskaf, werklik onder bedreiging is.

Om Nerpo se frustrasie uit te druk, skryf hy dat verskeie vergaderings met OBP om die situasie om te keer, ongeslaagd was. “Ten spyte van die gesprekke het dit duidelik geword dat die huidige leierskap by OBP nie instaat is om die huidige onbevredigende situasie op te los nie. Dit dui daarop dat die direksie en die uitvoerende gesag nie die ernstigheid van die situasie besef of hulle verstaan nie wat die sleutelkwessies is wat hulle in die gesig staar nie,” skryf Mahanjana.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot