AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nét boere kan grondhervorming laat werk

Die enigste mense wat sinvolle grondhervorming kan laat gebeur, is kommersiële boere self, sê mnr. Pierre Vercueil van Agri Noordwes.

Georganiseerde landbou kán 'n invloed hê op die nadelige gebeure in die land wat almal se lewens raak, mits die bul by die horings gepak word. “Ons moet op grondvlak begin woeker,” sê mnr. Pierre Vercueil, herkose voorsitter van Agri Noordwes.

Vercueil het by die organisasie se jaarkongres in Lichtenburg gesê die proses sal met risiko’s gepaard gaan en eenheid en groter deelname sal nodig wees. Die afgelope jaar is volgens hom deur verskeie probleme gekenmerk, soos konflik, swak dienslewering, verdelende politieke retoriek, korrupsie, werkloosheid en plaasmoorde.

LEES OOK: Volgende stap met onteieningswet beplan

Gevaarlike uitsprake

Politieke retoriek is besig om hande uit te ruk, soos uitsprake dat boere grond gesteel het.

“Dit is onaanvaarbaar. Indien ons die grond sou gesteel het, kan ons sekerlik voor die hof gedaag word om dit te hanteer.”

Vercueil het na woorde van die Amerikaner Benjamin Franklin verwys, dat geregtigheid net sal geskied wanneer diegene wat onaangeraak is, so kwaad is soos diegene wat geraak is.

“Is ons al by die punt waar ons verontwaardiging so groot is dat ons bereid is om gesamentlike oplossings vir die landbou deur alle landbouers te beding? Of wil ons dit oorlaat aan politici en mense wat geen kennis van boerdery het nie?”

Hy het verwys na die Regering se onvermoë om sy eie teikens vir grondhervorming te behaal, en dat die meeste van die grond wat herverdeel is, nie meer produktief is nie.

“Selfs politici moet saamstem dat grondhervorming wat só gedoen word, nie volhoubaar is nie. Dit kan nie as bemagtiging gedefinieer word nie en maak sekerlik nie ekonomiese sin nie.”

LEES OOK: Wie besit Suid-Afrika se grond?

Ingryping is nodig

Vercueil sê daar is geen begrip van die vaardighede wat 'n suksesvolle kommersiële boer nodig het nie, soos om biologiese beginsels met ekonomiese beginsels te versoen.

“Die enigste mense wat sinvolle grondhervorming kan laat gebeur, is kommersiële boere self. En dit is eintlik nie boere se werk nie.” Maar boere is nou op 'n punt waar hulle, in hul eie belang, om private eiendomsregte en alles wat daarmee gepaard gaan te behou, moet ingryp om dit te laat werk.

Boere kan veral deur mentorskap 'n rol speel.

“Daar is nie 'n ander manier om nuwe boere suksesvol te vestig nie. Die finansiering hiervoor is nou beskikbaar, as dit met 'n goeie sakeplan en uitbreiding van bestaande sake gepaard gaan.”

Vercueil het gesê bemagtiging moet soos 'n sakebegrip benader word. Begunstigdes moet bereid en gereed wees om te boer, en hulle moet titelaktes hê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.21
-0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,724.26
+1.4%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,315.50
+4.1%
Platinum
933.50
+3.2%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot