AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

New Holland hier om te bly, wil mark roer!

New Holland wil sy markaandeel in SA tot 25% binne drie jaar opstoot, en sorg dat die wisselvallige rand nie sy trekkerpryse beïnvloed nie.

Die trekker- en stroperreus New Holland het geen planne om sy bedrywighede in Suid-Afrika te staak nie.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad  op die Nampo-Oesdag het mnr. Frederico Bellotto, CNH Industrial se bedryfsdirekteur: Suidelike Afrika, gesê die maatskappy het géén belang daarin om New Holland uit die plaaslike landbou te onttrek nie.

“Die CNH Industrial-groep het, as eienaar van New Holland, besluit om direk betrokke te raak by die maatskappy se bedrywighede in Suid-Afrika.”

New Holland Suid-Afrika het voorheen besigheid gedoen onder die Humulani/Invicta-groep, onder kontrak met CNH Industrial. Hierdie kontrak is in Januarie 2017 deur CNH Industrial gekanselleer.

Wye verskeidenheid produkte

“Ons het gesien New Holland bied ’n uiters wye verskeidenheid produkte, maar dat die maatskappy se markaandeel wat trekker- en stroperverkope betref in Suid-Afrika laag was. Markaandeel in trekkerverkope was sowat 17% en minder as 9% by stroperverkope. In teenstelling hiermee is ons markaandeel in sommige Afrikalande bykans 50%, terwyl ons een van die voorste trekker- en stroperverkopers in Europa en die Midde-Ooste is,” het Bellotto gesê.

“Ons het dus besluit om self beheer van New Holland Suid-Afrika te neem, omdat ons glo dat ’n onafhanklike besigheid beter resultate sal bring,” het hy gesê.

Die kontrak tussen CNH Industrial en Invicta Holdings is in Januarie beeïndig. “Nadat ons die kontrak met ’n kennistydperk beeïndig het, het CNH Industrial begin om ons struktuur vir New Holland te vestig. Dit sluit die aanstel van sleutelpersoneel in verkope en naverkopediens in. Ons het ook ’n onderdelepakhuis in Centurion opgerig en tegnikuste aangestel of behou, na gelang van die behoefte.

Handelaars besoek

“Ons het boonop ons netwerk van handelaars gaan besoek en 90% van hulle het besluit om aan te bly as New Holland-handelaars. Hierdie handelaars sluit ’n aantal private besighede, insluitende Laeveld Trekkers en vier koöperasies, NWK, SSK, Kaap Agri,en TWK, in,” het Bellotto gesê.

Hy het gesê CNH Industrial sal van dieselfde onafhanklike netwerk van handelaars gebruik maak, soortgelyk aan Humulani/Invicta Holdings se model. “Dit het ons wye dekking regoor die land gegee en in gebiede waar leemtes was is ons tans in gesprekke met handelaars in die omgewing om ook die gapings te vul,” het Bellotto gesê.

Bellotto sê CNH Industrial het reeds sowat €3 miljoen in New Holland belê. “Dit sluit beleggings in personeel, nuwe rekenaarstelsels en dienste in. Ons sou nie hierdie tipe bedrag belê het indien ons nie in die langtermyn sukses van die maatskappy geglo het nie.” Hy het benadruk dat CNH International vanaf 1 Junie 2017 die alleen-verspreider van New Holland-produkte in Suid-Afrika sal wees.

Binne drie jaar 30% van die mark

“Ons verwag om op die korttermyn na ’n 20% markaandeel te groei en dit verder uit te brei na 25% markaandeel binne die volgende drie jaar. Ons verwag die eerste nuwe trekker-eenhede reeds teen die einde van die maand,” het Bellotto gesê.

Hy het verdere goeie nuus vir New Holland-kliënte gehad en gesê dat die wisselvallige rand nie New Holland se trekkerpryse sal beïnvloed nie. “Ons wil stabiliteit in ons trekkerpryse bring. Ons besigheidsmodel om dit reg te kry is anders as wat die geval in die verlede was, maar ek glo ons gaan dit regkry.”

Hy het gesê hoewel CNH Industrial vir eers net op New Holland se werksaamhede in Suid-Afrika gefokus is, die volgende stap uitbreidings na die res van suidelike Afrika sal wees. “Ons groot fokus vir nou is egter om ons markaandeel in Suid-Afrika te groei en van New Holland ’n groter rolspeler in die trekker en stropermark te maak,” het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
+0.4%
Rand - Pond
22.27
+0.6%
Rand - Euro
19.60
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+1.6%
Platinum
966.81
+0.7%
Palladium
1,432.30
+1.1%
Goud
1,967.05
-0.3%
Silwer
23.32
-0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot