
Kom luister na die voormalige Springbok-afrigter, Nick Mallett, se idees om op die plaas te wen, nes hy op die rugbveld vermag het. Mallett is een van die genooide sprekers by Landbouweekblad se “Oplossing vir die Landbou”-konferensie wat op 30 en 31 Oktober in Bloemfontein aangebied word.
Onderwerpe onder bespreking sluit in grondhervorming, energie, grondbewaring en -bewerking, beesboerdery en tydsbestuur. Onder die sprekers is Louis van der Watt, wild- en beesboer en stigter van die Atterbury-groep, wat groot sukses behaal het met die ontwikkeling van winkelsentrums en sakegeboue, en die voormalige Springbokafrigter en bestuurskenner Nick Mallet.
Uit boerderygeledere is daar, Vito Rugani, die land se grootste wortelboer en arbeidspesialis, en Anthony Muirhead, die vader van minimumbewerking in Suid-Afrika. Ook Charl Senekal, Suid-Afrika se grootste suikerrietboer en energie-pionier.
Landbouweekblad-rubriekskrywer Gerrit van Zyl kom vertel hoekom hy as een van die land se voorste beesboere beskou word. Dr. Theo de Jager, Agri SA se ondervoorsitter en die dryfveer agter die landbou se grondplanne, kom doen verslag oor hoe boere sake rakende grond behoort te benader.
Wetenskaplike bydraes sluit in die top-veekundige dr. Michael Bradfield, Rikus Kloppers, vooraanstaande plantpataloog van Pannar, Stephanus Malherbe, die jong laboratoriumhoof van die groot landboumaatskappy ZZ2, en Adriaan Dreyer van SGS NviroCrop, ’n baanbreker in minimumbewerking in die westelike saaigebiede.
Woolworths se Kobus Pienaar sal kom gesels oor dié supermarkreus se benadering tot volhoubare landbou en Harold Burgess van die Dawn Energie-groep sal kom vertel hoe jy energiedoeltreffend kan boer sonder om ’n sonpaneel te installer.
Dit is beslis ’n geleentheid wat elke boer behoort by te woon. Landbouweekblad se mede-borge is die Universiteit van die Vrystaat, Mutual&Federal Agri, Pannar en John Deere. Datum: 30-31 Oktober 2014. Plek: Universiteit van die Vrystaat, in die nuwe gebou van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe – oorkant die Wynand Mouton-teater. Koste: R1 710 per persoon (BTW ingesluit); 15% afslag vir groepbesprekings van 20 of meer mense. Kontak: Patricia Potgieter vir bespreking of meer inligting by tel. 021 406 2298021 406 2298 of ppotgiet@landbou.com Verblyf: Kontak Landbouweekblad se reisklub vir opsies – tel. 011 886 9545011 886 9545 of landbou@megatrav.co.za
* Meer besonderhede in die aanhangsel hieronder.