Die landbou is ondanks die nie-amptelike staat van beleg waaronder dit tans verkeer, weer die bedryf wat die sneller moet verskaf vir aksie.
Die tyd vir stilbly oor die huidige dieregesondheidskrisis is egter verby, voer die besturende direkteur van die Sernick-groep by Edenville, mnr. Nick Serfontein, aan.
Dit volg op die deurmekaarspul van middel Augustus, toe Suid-Afrika weer in ’n inperking geplaas is, dié keer nie weens covid-19 nie, maar as gevolg van bek-en-klouseer.