AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Niemand nog in hegtenis ná Delmas-plaasmoord

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Die polisie se soektog na ses verdagtes wat gister 'n 76-jarige boer van Delmas op sy plaas by Delmas in Mpumalanga verwurg het, het vandag voortgeduur.

Mpumalanga Landbou het die aanval op mnr. Gustav Rappard en sy vrou, Elma, in die sterkste moontlike terme veroordeel en vra die polisie om alles moontlik te doen om die skuldiges aan te keer.

Brig Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê daar was nog geen deurbraak nie maar die ondersoek gaan in alle erns voort. Kort na die voorval het lt genl Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris, gesê alles moontlik moet gedoen word om die verdagtes so spoedig moontlik aan te keer sodat hulle vir hulle dade kan tereg staan.

“Dit is regtig n skande dat weerlose slagoffers geteiken word en nadat hulle beroof is, hulle koelbloedig vermoor word.”

‘Wil hooi koop’

Volgens die polisie se verklaring het Rappard en sy vrou omstreeks 11:00 gister (20 Maart) ’n toeter by hulle moterhek gehoor. Rappard het ondersoek gaan instel en volgens sy vrou was daar ses mans wat aangedui het dat hulle bale hooi wou koop. Hy het aanvanklik vir hulle gesê dit is Sondag en hy kan hulle nie help nie en teruggekeer huistoe.

Hy het egter kort daarna besluit om hulle wel te help waarna hulle hom vermoedelik oorval en verwurg het. Vier gewapende verdagtes het daarna die huis binne gegaan en geld van sy vrou geëis. Sy is vasgebind nadat sy gesê het daar is geen geld in die huis nie en hulle het die huis deursoek. Die verdagtes is weg met twee selfone.

Elma, wat in daardie stadium onbewus was van wat met haar man gebeur het, het haar losgewikkel en na die bure se plaas geloop om hulp te soek. Ná n soektog op die plaaswerf is Rappard se liggaam in ’n skuur gevind. Die polisie en paramedici is ontbied maar hy is op die toneel dood verklaar. ’n Saak van moord is geopen en die polisie het ’n soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

Landelike veiligheidsplan

Mnr. Robert Davel, uitvoerende hoof van Mpumalanga Landbou, het namens die organisasie sy innige meegevoel met die naasbestaandes van die oorledene betuig.

“Mpumalanga Landbou doen ’n dringende beroep op die premier en die LUR vir gemeenskapsveiligheid van Mpumalanga om hierdie jongste moord op ’n onskuldige boer ten sterkste in die openbaar te veroordeel. Ons doen ook weereens ‘n dringende beroep op die owerheid om die misdaadsituasie in landelike gebiede onder beheer te bring.”

Hy sê doelgerigte implementering van die nasionale landelike veiligheidstrategie, deur die polisie in Mpumalanga, kan nie langer uitgestel word nie.

“Owerhede word versoek om wet en orde konsekwent, sonder vrees of guns, toe te pas. Mpumalanga Landbou ondersteun alle regmatige pogings met die doel om ons produsente, ons plaaswerkers en hulle gesinne se veiligheid te verbeter.”

Kommunikasie

Davel sê hulle sal steeds op provinsiale vlak alles in die stryd werp vir die verbetering en instandhouding van doeltreffende kommunikasie met die polisie. Affiliasies van Mpumalanga Landbou word aangemoedig om by plaaslike polisiestrukture, soos voorgeskryf deur die landelike veiligheidstrategie, in te skakel.

“Plaaslike strukture word ook aangemoedig om opnuut ernstig aandag te gee aan die paraatheidsvlakke van ons landbougemeenskappe wat gebuk gaan onder voortdurende aanvalle deur brutale misdadigers. Boereverenigings word versoek om spesiale opskerpingsgeleenthede, ten opsigte van weerbaarheid, in streeksverband aan te bied. Mpumalanga Landbou kan gekontak word vir ondersteuning in die verband.” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot