Die teerpaaie aan die noordgrens is in só ’n haglike toestand dat boere self moet inspring en dit gangbaar hou sodat hul produkte in een stuk op Gautengse markte kan aankom.
Limpopo-grensboere se buitebande hou die helfte van die veronderstelde gebruikstyd – soms selfs minder. Voertuie kry skade, en daar is selfs lewensverlies.
“Swak paaie waarop ons ons produkte na die markte moet vervoer, besorg ons groot hoofbrekens. Net mooi oral is slaggate wat bande en voertuie beskadig,” sê mnr. Petrus (Vere) van der Walt van Koedoesrand.