
Vier Nigeriese boere het Royal Dutch Shell hof toe gesleep oor oliebesoedeling, wat glo hul plase in die Niger-delta vernietig het.
Die Nigeriese boere het dié saak in ‘n siviele hof in Den Haag aanhangig gemaak, waar Royal Dutch Shell se internasionale hoofkantoor is. Die hofsitting het Donderdag, 11 Oktober, begin.
Die boere voer aan dat Shell nie oliebesoedeling by hul plase gekeer het nie en dat die plase daardeur vernietig is.
Shell is die grootste olieprodusent in Nigerië, en is reeds vir meer as 50 jaar daar werksaam.
Die hofsaak wek groot belangstelling, veral by omgewingsgroepe.