AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nkwinti brei uit oor 50/50-plan

Die 50/50-beleidsvoorstel is ook om aan die wêreld te demostreer “dat die gees van Mandela nie in Suid-Afrika dood is nie”, sê mnr. Gugile Nkwinti.

Die kwalitatiewe aspek van grondhervorming, om herverdeelde grond in produksie te hou, en om te wys dat eenheid in diversiteit selfs teenwoordig is in hoe die land se ekonomie gegroei gaan word, is van die beginsels wat die 50/50-beleidsvoorstel wil demonstreer.

Boere wat gehoor gegee het aan die beleidsvoorstel van mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, dat 50% van hulle plase aan hul werkers afgestaan moet word, het reeds meer as 50 voorstelle ingedien van hoe so ’n venootskap met hul werkers kan lyk.

Verlede jaar het die ANC hierdie voorgestelde beleid van hoe relatiewe regte van mense wat die grond bewerk, versterk kan word, formeel by sy hoofraadsvergadering onderskryf. Dit is nadat die kommersiële landbou gevra is om vrywillig voorstelle in te dien wat getoets kan word oor hoe die 50/50-beleidsraamwerk, soos algemeen na verwys word, gerealiseer kan word.

Pres. Jacob Zuma het in sy staatsrede van 2015 aangedui dat die Regering tot soveel as 50 loodsprojekte rakende die voorgestelde beleid teen 2019 wil hê. Die beleidsraamwerk spruit uit die morele basis dat Suid-Afrikaners wat voordeel getrek het uit landbougrond wat gedurende die vorige politieke bestel van swart mense ontneem is, ’n verantwoordelikheid het om by te dra tot die herstel daarvan.

Die Regering het reeds nie sy teiken bereik om sy grondherverdelingsdoelwit na te kom om 30%, of 82 miljoen hektaar, landbougrond wat in wit besit is, teen 2014 aan swart mense oor te dra nie. Die 50/50-voorstel moet dit help verwerklik.

Daar word geredeneer dat beide die boer en sy werker ’n gevestigde belang in die grond het en dat beide hul lewensomstandighede wil verbeter deur dit te bewerk. Nkwinti het in die Nasionale Vergadering, toe hy die begrotingsrede van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gelewer het, aangedui dat meer as 10 transaksies reeds deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gefinaliseer is, waar plaaseienaars en hulle plaaswerkers, nou vennote is.

Hierdie loodsprojek-transaksies, waar 540 plaaswerkers begunstigdes is, is in samewerking met die Nasionale Bemagtingsfonds (NEF) beklink. Vir die huidige geldjaar is R500 miljoen begroot om vennootskappe te smee.

Beleidsvoorstel

Volgens Nkwinti is die 50/50-beleidsvoorstel geskoei op die voorstel van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) dat 20% landbougrond teen 2030 oorgedra moet word. Die beleidsvoorstel neem dit egter net ’n stap verder deur die skaalwydte van ’n minimum van 20% tot ’n maksimum van ’n 50%-verdeling tussen die plaaseienaar en sy plaaswerkers voor te stel.

Die voorstel wat op die tafel is, is dat die historiese eienaar van die landbougrond 50% van sy grond behou en die res beskikbaar maak vie die Regering om oor te koop om proporsioneel aan die plaaswerkers beskikbaar te maak. Plaaswerkers met 10 jaar diens, maar minder as 25 jaar diens, is gemagtig tot ’n 10% aandeelhouding van die grond, diegene met meer as 25 jaar diens is gemagtig tot 25%, en die meer as 50 jaar diens tot ’n 50% aandeelhouding.

Die voorstelle wat die departement reeds ontvang het, strek van 50% grond en aandeelhouding wat aangebied word tot 100% grond en ’n sekere persentasie aandeelhouding.

Eenheid

Die Regering het groot lesse geleer met meer as 90% van sy plase wat vir grondhervorming oorgedra was, wat misluk het. Hy moes 1 459 plase sedert 2009 ondersteun wat teen Januarie verlede jaar die bleastingbetaler reeds R3,5 miljard gekos het.

Nkwinti het dit duidelik gemaak dat die 50/50-voorstel spesifiek die gehalte-aspek van grondhervorming gaan aanspreek. “Ons koop grond en wanneer die oordrag deur is dan hou produksie op. Dit gaan nie die geval hier wees nie. Wat waarskynlik gaan gebeur, en die tekens is reeds daar, is dat produksie op daardie (50/50) plase tot hoër hoogtes geneem sal word.”

Maar dis nie net die doelstellings van grondhervorming wat Nkwinti hoop om met die beleidsvoorstel te bereik nie. “Ons wil aan almal in Suid-Afrika en die wêreld demonstreer dat die gees van Mandela nie in Suid-Afrika dood is nie.” Hy het verwys na die feit dat die eienaars van plase nou in vennootskap met hulle voormalige plaaswerkers is. Die eienaars het die gewigtige taak om as deel van die vennootskap nie net opleiding te verskaf nie, maar ook om toe te sien dat die plaaswerkers ten volle in sakevennote getransformeer word.

“Ons praat daarvan om mense byeen te bring wat in verskeie kapasiteite saam gewerk het, met ander woorde die heroriëntasie is vir albei van hulle (eienaar en voormalige plaaswerker). “Wat van belang is, is die skep van ’n verhouding, ’n nuwe kultuur van werk en produksie in Suid-Afrika waar die mense wat die grond bewerk die suksesse deel.”

Strategie

Die 50/50-beleidsraamwerk is ook een van die maniere hoe die Regering die herlewing van die landbousektor wil verseker. Die strategie is om die ekonomie te groei deur die herverdeling van grond. Nkwinti verduidelik dat indien grond nie herverdeel word nie, dit ’n struikelblok sal wees om die ekonomie te laat groei.

Sekere beginsels van die Regering se strategie vir die verkryging van grond (PLAS) is by die 50/50-beleidsvoorstel ingebed. Ingevolge PLAS word grond vir herverdeling aangekoop wat aan swart boere verhuur of verkoop word. Nkwinti verduidelik dat plaaswerkers wat met die 50/50-raamwerk sakevennote geword het, eendag wel die grond kan besit wat hulle bewerk.

“Wat ons oor ’n tydperk wil doen, is om die boere oor so vyf jaar te ondersteun. Daar sal baie hulpbronne bestee word om die vennootskap op direksie-, bestuurs- en operasionele vlak te ontwikkel sodat dit so gou moontlik gestabiliseer word.” Hierna sal die grond wat die Regering “namens die plaaswerkers” gekoop het, aan hulle uitverhuur word en sal hulle later die opsie hê om die grond van die Regering te koop wanneer hulle die kapasiteit het om die besigheid aan die gang te hou.

“Ons wil nie die nuwe maatskappy vernietig nie. Ons sal kyk om hulle vyf jaar te gee. Indien hulle goed doen en ons dink ons kan die grond dan aan hulle verkoop, dan sal ons so maak. Hierdie is nie ’n beginsel nie, dit is ’n strategie.”

Maar waarom moet die Regering as voog vir die plaaswerkers optree? Nkwinti verduidelik dat toe grond in die verlede aangekoop is met die Regering se program vir die herverdeling van grond vir landbou-ontwikkeling (LRAD) het die begunstigdes sertifikate gekry, self diegene wat grond as deel van die restitusieproses gekry het. Drie jaar gelede het die departement ontdek dat 39 gemeenksapseiendomsverenigings (CPA’s) restitusiegrond verkoop het sonder die wete van die meerderheid mense wat die grond besit het. “Ons het grond verloor, so toe ek hiervan te wete kom het ek die LRAD en alle ander programme gestop waar grond oorgedra word.”

Hy het uitgewys dat hierdie poging om begunstigdes te beskerm verkeerdelik as nasionalisering van grond gesien word. Slegs die oordrag van restitusiegrond het behoue gebly en die LRAD-program was ’n paar jaar gelede met die PLAS-skema vervang.

Die Bemagtigingsfonds

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se vennootskap met die NEF is spesifiek om die 50/50-beleidsbeginsel te implementeer. Me. Philisiwe Mthethwa, uitvoerende hoof van die NEF, het gesê hierdie model maak ’n nuwe deur vir die grondhervormingsprogram en swart ekonomiese bemagtiging oop.

Sy het bygevoeg dat die NEF groot waarde heg aan die potensiële progressiewe uitkomste van hierdie geskiedkundige program, wat belangrike doelwitte soos ekonomiese ontwikkeling, werkskepping, die bevordering van voedselsekuriteit, entrepreneurskap en die deelname van vroue insluit.

’n Memorandum van verstandhouding is met die departement geteken wat in totaal die 50/50-beginsel by 30 plase sal implementeer teen ’n koste van meer as R1 miljard. “Hierdie is ’n loodsprojek wat die grondslag lê vir breër implementasie in die toekoms.” Die NEF het dusver omsigtigheidsondersoeke by 15 plase gedoen, waarvan agt goedgekeur is wat R335 miljoen beloop.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
19.08
+1.6%
Rand - Euro
17.41
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.74
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,637.33
-0.4%
Silwer
18.55
-1.7%
Palladium
2,087.66
+0.7%
Platinum
859.50
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot