AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nkwinti se aanbod 'gróót kans vir landbou'

Die hand van vriendskap en samewerking deur mnr. Gugile Nkwinti is dié geleentheid van ‘n leeftyd vir die landbou.

Die hand van vriendskap en samewerking met grondhervorming wat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, by Agri SA se kongres uitgesteek het, is die “geleentheid van ’n leeftyd” sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa AgriBesigheid.

Hy het by die kongresdinee gesê almal wou ’n oorlog voer. “Maar ’n wit vlag is gehys wat sê kom ons werk saam en hierdie samewerking moet vir ons die pad vorentoe baan.  Ek wil elkeen uitdaag om dit môre op jul plase te begin toepas.”

Hy het verwys na Nkwinti se opmerkings dat hy in sy skik is met die vordering wat Agri SA met hervormingsplanne maak. Hy het gesê hy is verleë dat hy nie daarvan bewus was nie en oorgestel die onderskeie taakspanne moet onderling saamwerk.

Janovsky sê banke kan die platform skep sodat ’n boer sy besigheid kan vergroot en saam met grondhervorming meer winsgewend kan wees. “Hierdie moet nie ’n meulsteun om jou nek wees nie. Hierdie is die geleentheid waarvoor almal gewag het. As jy kyk na hoeveel kos in die volgende 40 of 50 jaar geproduseer moet word, is hierdie die grootste enkele geleentheid wat nog binne Suid-Afrikaanse landbou bestaan het.

"Die Minister het gesê die planne het verander en júlle planne lyk beter as myne. Dit is ’n groot verandering. Moet nie daardie geleentheid laat verbygaan nie, al gaan dit nie maanskyn en rose wees nie. Daar is staatsdepartemente wat nog nie ingekoop het by dit wat gebeur het nie. Van die banke se kant af sal ons julle help bemagtig om die pad vorentoe te stap.”

Janovsky sê hier is nou ’n nuwe pad vorentoe. “Hierdie is die geleentheid van ’n leeftyd. Moet nie dat dit by julle verbygaan of toelaat dat klein jakkalsies die skape opvreet nie. Dit is ’n geleentheid om aan te gryp.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
+0.1%
Rand - Pond
22.33
+0.4%
Rand - Euro
19.65
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.4%
Platinum
954.43
-0.6%
Palladium
1,435.63
+1.3%
Goud
1,964.18
-0.5%
Silwer
23.20
-0.6%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,888
+0.6%
Alle aandele
76,478
+0.6%
Hulpbronne 10
66,564
+0.2%
Industriële 25
103,478
+1.1%
Finansiële 15
15,600
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot