AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nóg minder suikerriet verwag

Vooruitsigte vir die komende seisoen se suikerrietoes lyk beroerd.

Die komende seisoen gaan die eerste keer sedert die droogte van 1991 tot 1993 wees wat Suid-Afrikaanse suikerriet onder besproeiing ’n noemenswaardige daling in opbrengs beleef.

Die gebruiklike voorseisoen-opnames deur suikerrietboere en meulrade het getoon daar kan tot ’n 30%-verlies in opbrengs van suikerriet onder besproeiing verwag word. Mnr. Richard Nicholson, ekonomiese navorsingsbestuurder by Canegrowers, sê die afname in opbrengs is grootliks te wyte aan die hitte wat saam met die droogte gepaardgaan.

“Die kultivars wat onder besproeiing geplant is, is nie noodwendig aangepas vir droogtetoestande en hitte nie, en hul toleransie vir droogte is laag. “As in ag geneem word dat Pongola sedert Desember laas jaar nie meer kan besproei nie en dat Malelane en Komatipoort reeds onder streng waterbeperkings deurloop, is dit te verwagte dat daar groot verliese sal wees weens groei-afnames en wortelvrektes.

“Baie boere in Komatipoort en Malelane kies nou sekere landerye om te besproei en laat die ander lande droog, met ernstige finansiële nagevolge. In besproeiingsiklusse is daar bloot nie ge noeg water om seker te maak al die lande kry genoeg water om die suikerriet lewend te hou nie.

“In Pongola is daar glad nie meer water nie. Boere hoop op reën om die suikerriet se wortels lewend te hou,” sê Nicholson.

1,58 miljoen ton suikerriet minder

Die drie suikerriet-besproeiingsgebiede het in die seisoen 2015/’16 nagenoeg 30% van die bedryf se totale opbrengs gelewer – ongeveer 5,26 miljoen ton uit 14,86 miljoen ton. Canegrowers verwag dat besproeiingsgebiede in die volgende seisoen slegs 3,68 miljoen ton sal lewer, terwyl droëlandboere se totale opbrengs met sowat 2% sal styg tot ongeveer 9,7 miljoen ton.

Vanjaar se algehele oes is 74% van die laaste normale oesjaar, 2013/’14, se 20,7 miljoen ton. Die verwagting is dat volgende jaar se oes maar 13,4 ton sal beloop, of twee derdes van ’n normale jaar.

Nicholson meen goeie reën in die vroeë somer van vanjaar kan die opbrengs effens aanhelp, maar dat dit ook ’n nadelige uitwerking op gehalte kan hê. “Die skade aan die komende seisoen se oes is reeds gedaan. Baie suikerriet het reeds gevrek en al kan die boere hierdie suikerriet in die lente vervang, gaan dit nie vinnig genoeg groei om in die komende seisoen geoes te kan word nie. Die vooruitsig op die 2016/’17-seisoen is dus maar sleg.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot