AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Nog ’n dieselprysstyging van 54c

Nog ’n dieselprysstyging van 50c per liter, 54c om presies te wees, word in April verwag, sê ekonoom.

Nog ’n dieselprysstyging van 50c per liter, 54c om presies te wees, word in April verwag, sê ’n ekonoom. Mnr. Tony Twine, senior ekonoom van die Econometrix-groep, sê wat die petrolprys betref, verwag hy tans ’n styging van 43c per liter. Dié stygings is bereken op die data van 1 tot 15 Maart vanjaar.


Twine sê hoewel dié stygings verbruikers se sakke verder gaan platslaan, het dit teen Maandag (14 Maart) droewiger gelyk. Tóé het die petrolprysstyging op 47c per liter gestaan en diesel sou 58c per liter duurder gewees het. ’n Daling in die olieprys tot $110 per vat het die situasie wel verbeter.


Hy voorspel wel dat dié bedrae verder kan daal, veral nadat die olieprys Woensdag (16 Maart) tot $108 per vat gedaal het.


Japan kom tot ons redding


Ondanks die groot tragedie van die tsoenami wat Japan die afgelope week getref het, het dit volgens Twine wel ’n gunstige uitwerking op die hoë oliepryse gehad. Hy sê sedert die golf Japan op sy knieë gedwing het, het die internasionale olieprys (van Maandag 14 Maart  tot Woensdag 16 Maart) van $115 tot $108 per vat gedaal.


“En dít sonder dat daar noodwendig verligting in die onluste in die Arabiese lande gekom het,” merk Twine op.


’n Verlaging op kort termyn


Vir die olieprys om op kort termyn te verlaag, is twee dinge nodig, aldus Twine. Die eerste is dat die koue winter in die Noordelike Halfrond moet opklaar, wat ’n gegewe is. Die tweede is dat die onluste in die Arabiese lande tot ’n einde moet kom – daarvoor is daar egter nog nie antwoorde nie.


Twine voorspel wel ’n gemiddelde internasionale olieprys van $110 per vat, wat kan wissel van $120 tot $90 per vat.


16 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
-1.5%
Rand - Pond
21.03
-0.6%
Rand - Euro
18.79
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,002.53
-2.2%
Palladium
1,639.70
-1.8%
Goud
1,885.01
-1.4%
Silwer
22.76
-3.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,575
-0.1%
Alle aandele
79,736
-0.1%
Hulpbronne 10
74,199
-0.7%
Industriële 25
102,992
+0.4%
Finansiële 15
16,506
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot