AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nóg 'n eerste vir Namibiese beesboere

Twee Nambiese boere het ’n uiters moderne, outomatiese voerstasie by ? Kanadese maatskappy gekoop om te meet watter bulle hul voer die beste in vleis omsit.

Hap vir hap kan die Kanadese deskundiges waarneem hoe bulle in ’n voerstasie in Namibië hul aan hul voer verlustig, terwyl die inligting deurentyd verwerk word sodat die boere wie se  bulle getoets word, uiteindelik die beste bulle uit die bestes vir teeldoeleindes kan behou.

Dit klink futuristies, maar is presies wat hierdie projek van twee Namibiese swaers, mnre. Mecki Schneider van Grootfontein en Ebbi Fischer van Hochfeld, behels. Hulle het ’n uiters moderne, outomatiese voerstasie by die Kanadese maatskappy GrowSafe gekoop waarmee hulle meet watter bulle hul voer die beste in vleis omsit, sodat nét hulle vorentoe vir teeldoeleindes gebruik kan word.

Die voerstasie op Fischer se plaas is pas aan ander boere bekend gestel en Landbouweekblad is deur die twee boere genooi om die geleentheid mee te maak. Dit is die eerste voerstasie van sy soort in Afrika.

Me. Alison Sundstrum, hoof uitvoerende beampte van GrowSafe, het al die pad van Kanada gereis om ook daar te wees, asook verskeie Suid-Afrikaanse deskundiges, waaronder prof. Norman Maiwashe, hoofbestuurder van die Landbounavorsingsraad se Diereproduksie-instituut, prof. Michiel Scholtz, spesialis-navorser van dieselfde instituut, en dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika.

Via internet uit Kanada gemonitor

Schneider en Fischer het gedemonstreer hoe die voerstasie deur die internet vanuit Kanada gemoniteer word. Elke hap voer wat ’n bul vat, word aan sy rekords toegewys deur middel van ’n oorplaatjie met sagteware wat op die rekenaar registreer wanneer hy vreet. Hy word terselfdertyd geweeg.

Uiteindelik weet die boere presies hoe doeltreffend hy voer in vleis omsit. Dit is ’n genetiese eienskap wat na sy nageslag oorgedra kan word en boere kan dus die doeltreffendste bulle gebruik om ewe doeltreffende nageslag te teel, wat winsgewendheid sal verbeter.

Landbouweekblad publiseer eersdaags ’n volledige artikel oor die Namibiërs se projek, asook wat talle kenners oor die voordele sê.

Byskrif: Me. Alison Sundstrum (middel), hoof- uitvoerende beampte van GrowSafe in Kanada, het die bekendstelling van mnre. Ebbi Fischer (links) en Mecki Schneider (regs) op Hochfeld in Namibië bygewoon. (Foto: Charl van Rooyen)

voermeet1.jpg-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot