AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Nog ’n Limpopo-boer aangeval

’n Boer van Limpopo is dié naweek op sy plaas aangeval en met 15 steekwonde in die hospitaal opgeneem.

’n Veeboer van Limpopo is die Saterdag (28 Mei) 15 keer met ’n mes gesteek tydens ’n struweling met drie verdagtes. Luidens ’n berig in Beeld (30 Mei) is die 49-jarige mnr. Jan Louw ook in sy long gesteek, en hy lê tans in die waakeenheid van di e Zuid-Afrikaanse Hospitaal in Pretoria.


Louw en die 21-jarige mnr. Petrus Landman, seun van sy lewensmaat, me Coleen Liddle, is op die plaas Nooitgedacht in die distrik Makhado aangeval. Die drie het Saterdagmiddag omstreeks 17:00 die honde op die werf hoor blaf, waarna Louw en Landman gaan ondersoek instel het.


Die mans het op drie verdagtes afgekom wat een van die honde doodgeskiet het. Volgens die berig het die aanvallers toegang tot die huis geëis. Nadat die twee mans geweier en hulle teëgesit het, het een van die aanvallers ’n vuurwapen op Louw gerig.


Die wapen het egter nie afgegaan nie, en die twee mans het hul aanvallers getakel. Een van die verdagtes het Louw met ’n mes gesteek. Die aanvallers het op die ou end op die vlug geslaan sonder om enigiets te steel.


Diefstal ál groter probleem

Intussen sê mnr. Francois van den Berg, voorsitter van Agri Limpopo, hulle is bekommerd oor plaasaanvalle en veral diefstal op plase wat ’n ál groter probleem in die provinsie word.


Volgens Van den Berg het diefstal en misdaad op plase in die provinsie die afgelope twee jaar begin toeneem, maar dit lyk asof dit sedert die begin van die jaar al hoe erger word.


“Dis al so erg dat hulle die drade van vragmotors onder die vragmotors uitsteel terwyl die bestuurders iewers stilhou om te slaap of om vir ’n wyle te rus. Hulle steel dan sommer die vragmotor se bande ook. Koperdraaddiefstal het ook die hoogte in geskiet, en hulle steel ook gereeld verskeie spilpuntonderdele,” vertel Van den Berg.


Verliese

Van den Berg sê hoewel hierdie diewe niemand se lewens regstreeks in gevaar stel nie, is dit lastige misdade wat veroorsaak dat boere miljoene rande se verliese ly. “Dit beteken jy moet gereeld jou vragmotor laat herbedraad, of onderdele op jou spilpunt vervang.”


Die vang van wild in strikke neem ook toe. Van den Berg sê soms word vee ook in strikke gevang, maar dis meestal wild, aangesien ’n boer nie elke dag elke stuk wild op sy plaas sien nie. “Dis baie wreed, want soms sit daardie dier dae lank in ’n slagyster vas voordat die boer hom kry en kan skiet.”


Volgens Van den Berg is een van die min oplossings om dié misdade te beperk die betrokkenheid van die publiek. “Die Polisie het eenvoudig net nie die vermoë om al dié sake te hanteer nie. Dit sal tot iemand se voordeel wees om by ’n inisiatief vir gemeenskapsveiligheid betrokke te raak, dan kan hy die Polisie help om homself te beveilig en misdaad help bekamp.”


Bron: Beeld


30 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot