AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nog teenkanting teen Onteieningswet

Die vaagheid van die wetsontwerp op onteiening bied amper onbegrensde moontlikhede vir die willekeurige ontneming van eiendom, meen die FW de Klerk-stigting.

Die FW de Klerk-stigting het ook nou sy stem gevoeg by diegene wat petisies na pres. Jacob Zuma gestuur het, in ’n poging om hom te oorreed om nie die wetsontwerp op onteiening te onderteken nie. Hy word gevra om dit terug na die Parlement te stuur of die geldigheid daarvan by die Grondwethof te toets. Daar word al meer as agt jaar aan dié wetsontwerp gewerk.

Mnr. Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, sê die land benodig ’n nuwe onteieningswet wat in lyn met die Grondwet is en wat ’n gelyke balans tussen die behoefte vir grondhervorming en die regte van die eienaars van eiendom weerspieël.

“Ons stem saam met die SA Instituut vir Rasseverhoudinge dat daar geen onteiening voor die uitreiking van ’n hofbevel moet plaasvind nie.”

Oorsprong

Steward sê die oorsprong, bedoelings en die gevolge van die wetsontwerp is egter glad nie vaag nie.

- Sy oorsprong is diep gewortel in die rasse-agenda van die ANC se nasionale demokratiese revolusie wat vra vir die verwydering van die apartheid-eiendomsverhouding.

- Sy bedoeling, saam met ander wetgewing rakende eiendomsregte, is in die woorde van adj.pres. Cyril Ramaphosa om “fundamenteel die struktuur van die ekonomie en patrone van eienaarskap te verander”.

Die gevolge van die wetgewing sal katastrofies wees.

- dit sal ’n afgradering deur graderingsagentskappe meebring,

- dit sal buitelandse- en plaaslike belegging ontmoedig,

- dit sal die Nasionale Ontwikkelingsplan vernietig,

- dit sal die land se vermoë om kos te produseer, ondermyn,

- dit sal baie geleenthede vir korrupsie bied,

- en dit sal rasseverdeelheid verdiep.

Nie beter nie

Steward dui aan dat toe die wetsontwerp sy verskyning in 2015 gemaak het, nadat dit stil-stil in 2008 deur oudpres. Thebo Mbeki teuggetrek is, het dit geblyk dat dit ’n verbetering op die 2008-weergawe is.

Die nuwe wetsontwerp het aanvaar dat die howe sal moet besluit rakende vergoeding vir grond wat onteien word en dit maak ook voorsiening vir onderhandelinge tussen die ontieiningsgesag en die eienaars van eiendom voordat die onteiening plaasvind.

Maar die latere inskrywing van ’n nuwe definisie vir onteiening deur die ANC, dat “onteiening die aanskaffing” en nie die verpligte aankoop van eiendom is nie, het vrese laat ontstaan dat die bedoeling is om die geballanseerde benadering tot onteiening wat die Grondwet vereis, te omseil.

Willekeurig afvat

Rakende onteiening wat vir openbare doeleindes en openbare belang volgens die wetgewing gedoen kan word, sê Steward dat eiendomsregte in openbare belang is, siende dat dié regte ’n onontbeerlike voorwaarde vir alle vry, welvarende en suksesvolle samelewings is.

Maar as die bepaling van openbare belang in regeringshande gelaat word, mag dit dalk as enigiets gedefinieer word wat die ANC se ideologiese- en politieke doeleindes pas, vrygeskeld van enige objektiewe toets.

“Dit kan die deur oopmaak vir die arbitrêre ontneming van eiendom, wat duidelik in Artikel 25(1) van die Grondwet verbied word,” sê Steward. Daar is ook geen definisie vir grondhervorming in die wetgewing nie. Dit kan strek van die onteiening van grond wat aan ’n private persoon behoort tot ’n proses wat grond aan enigeen toeganklik kan maak wat wil boer in samewerking met ’n private kommersiële landboubesigheid.

Steward vermoed dat die doel van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty is om al die land se grond onder die voogdyskap van die staat te kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot