AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nog vele kwelvrae oor SKA-projek

Heelwat kwelvrae oor die SKA-projek is geopper toe boere van Carnarvon en die projekbestuurders gesels het.

Al bestaan meer gereelde kommunikasie tussen Karooboere en amptenare van SKA Suid-Afrika, het boere wat hul grond moet verkoop of op wie se grond serwitute geregistreer gaan word, nog baie vrae.

By ’n vergadering wat Agri Kareeberg, die landbouvereniging van Carnarvon, tussen boere en hoëvlak-amptenare van SKA Suid-Afrika gereël het, het boere veral vrae oor roofdierbestryding, kommunikasieprobleme, die toekoms van plaaswerkers op plase wat verkoop moet word, belastingimplikasies en plaasveiligheid gehad.

Mnr. Fanie Dippenaar, wat die vergadering gelei het, het die SKA versoek om sy personeel wat toegang tot plase moet hê, se identiteitsnommers by die polisie in te gee, "of by die koöperasies opsit". "Ons kan nie die reg van toegang tot ons plase afteken nie. Sal julle bereid wees om mense te identifiseer en dit moet ook nie te veel mense wees nie? Ons hekke sal ook gesluit word met reg van toegang voorbehou."

Betreding

Dr. Rob Adam, projekdirekteur van SKA Suid-Afrika, het gesê enige werker van die SKA wat die serwituut op ’n plaas besoek, moet homself kan identifiseer. "So nie, kan jy hom arresteer vir betreding."

Mnr. Johan Mans, wat sy grond moet verkoop, kan nie glo dat daar nie vir hulle ’n toegewing gemaak kan word ten opsigte van kapitaalwinsbelasting nie. "Dis ’n gedwonge verkoop. Ek sou nie kapitaalwinsbelasting moes betaal as julle nie my grond moet koop nie."

Me. Alice Pienaar-Marais, hoof-grondaankoper van SKA Suid-Afrika, sê hulle is besig met ’n strategie om plaaswerkers wat nie saam met boere elders gaan vestig nie, in ’n prosopisprojek te akkommodeer. Maar Dippenaar sê hulle kan nie van plaaswerkers houtkappers maak nie.

Maak voorsieining vir 100 werkers

Adam het gesê hulle kan die plaaswerkers wat hul werk verloor op plase wat verkoop word, in hul werk- en salarisstruktuur akkommodeer. "Plaaswerkers wat die grond ken, sal gebruik word om na die grond te kyk. Die operasionele plan vir die aanleg maak voorsiening vir 100 werkers. Die kwessie van hul huisvesting is ’n bestuurskwessie."

Telekommunikasie, wat van die begin af ’n knelpunt was, is nog nie bevredigend opgelos nie. Heelparty boere is steeds nie oortuig dat die SKA nie selfoonseine afsny nie. Dr. Adrian Tiplady, wat in die strategiedepartement van SKA Suid-Afrika werk en met alternatiewe kommunikasie gemoeid is, het gesê as hulle ’n steuring optel, sal hulle die oorsprong daarvan soek en regstreeks met boere onderhandel en verseker dat daar altyd ’n "vatbare, funksionele en bekostigbare" alternatief is vóórdat seine geblok word.

Tiplady se kollega, mnr. Selaelo Matihane, het gesê hulle het ’n telekommunikasietender gepubliseer. Hy glo hulle sal oor twee maande baie voorstelle kry vir mobiele telefone met "stem- en datavermoëns" wat op ’n frekwensie van 136 megaherz kan werk. Tiplady sê hulle hoop om daardie netwerk binne twee jaar te installeer. Boere bly egter bekommerd dat die alternatiewe nie so vinnig soos bestaande selfoontegnologie gaan ontwikkel nie, en hulle mettertyd gaan "agter raak". Tiplady het beloof dat die netwerk voortdurend verbeter sal word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-1.0%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,713.33
-0.8%
Silwer
20.56
-2.4%
Palladium
2,252.00
-3.0%
Platinum
920.50
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot