AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Noord-Kaap: 200 000 ha deur vlamme verswelg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Buite Kuruman het 85% van mnr. Jan Joubert se plaas afgebrand. Foto: Jan Joubert
Buite Kuruman het 85% van mnr. Jan Joubert se plaas afgebrand. Foto: Jan Joubert
Die Noord-Kaapse brandseisoen het dié lente-seisoen reeds honderde duisende hektare verwoes.

Danksy ’n groter paraatheid is onbeheerde brande Woensdag rondom Griekwastad op bykans onbegaanbare rante en berge geblus. 

Mnr. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement van landbou en omgewingsake, het vandag bevestig dat die brand tussen Daniëlskuil en Koopmansfontein in bedwang gebring is, maar ’n nuwe brand naby Hotazel is ook aangemeld. Grondspanne en twee vliegtuie is in samewerking met Working on Fire ingespan. 

“Ons blus steeds smeulende stompe en polle, en doen ’n opname oor die skade om te bepaal hoeveel hulp soos veevoerbale ons waar moet aanbied.”

Volgens Agri Noord-Kaap is 200 000 ha in die provinsie verswelg, aangevuur deur sterk wind en weerlig wat sommige van die brande veroorsaak het. Die skade strek van Van Zylsrus, Askham, Hotazel, Kuruman, Daniëlskuil, Koopmansfontein Griekwastad, Salt Lake, Hartswater, Warrenton, Riverton, Hopetown, Witput, Kraankuil, Vosburg en Carnarvon.  Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê die skade is enorm.

“Die vooruitsigte vir brande tot die naweek is nie goed nie, en die toestande is bevorderlik vir wegholveldbrande. Die bewolkte winderige weerstoestand veroorsaak ook donderweer, weerlig en droë toestande. Gelukkig word reën die naweek voorspel, waarna toestande hopelik kan verbeter.”

Hy sê daar is steeds te veel brande wat langs hoofweë ontstaan waarvoor daar nie verklarings is dat dit natuurlik veroorsaak is nie. Op ander plekke is die veld deur weerlig aan die brand gesteek.“Ek het self in Hopetown beleef hoe die weerlig die veld op vier plekke aan die brand gesteek het.”

Voorbereid

Boere is vanjaar meer paraat en voorbereid op brandbestryding.

“Ons is dankbaar dat brandbestrydingsopleiding by brandverenigings vrugte afgewerp en meer boere vinniger op tonele met die nodige toerusting aangekom het. Die samewerking van die regeringsdepartemente was ook goed. Me. Mase Manapole, LUR vir landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling, het ’n weermaghelikopter gereël.

“Daar is steeds leemtes om brande doeltreffend te bestuur, waarvan die grootste onvoldoende koördinering is weens swak kommunikasiekanale onder brandslaners en aangrensende brandverenigings. Radiokommunikasie is meer effektief in die veld as selfone vanweë swak selfoonseine. Ons het geld nodig om meer radio’s onder boere uit te deel, omdat selfoonkommunikasie op WhatsApp-groepe oneffektief is. Daar is ook ’n groot behoefte vir geld om dadelik privaat vliegtuie in die lug te kry om die brandbestrydingsoperasies vanuit die lug te bestuur.”

Mnr. Sarel de Wet, voorsitter van die nuutgestigte Pixley-brandbeskermingsvereniging (BBV), sê die brandopleidingsessies het heelwat positiewe gevolge gehad. “Dissipline is bitter belangrik, tesame met goeie koördinasie van die brandspanne aan die voorfront.” 

Hulle leer steeds lesse. “Dit is beter om drie tot vyf bakkies met watertenks en toerusting op ’n punt te hê. Sodra een leeggespuit is, kan die ander oorneem terwyl die leë een weer water gaan haal. Groot tenkwaens wat grootmaatwater aan bakkies kan verskaf, word ook nader aan die brandtonele gehou sodat tenks op bakkies vinniger volgemaak kan word.

“Toe ons ’n brand langs die N12-roete doodgespuit het, het ’n vragmotor verbygejaag, en die wind wat hy veroorsaak het, het van die smeulende stompe en graspolle weer aan die brand gesteek. Dit benadruk die padveiligheid van brandtonele op hoofpaaie waar die polisie moet help om die verkeer te beheer of af te keer. Dit sal motoriste en brandbestryders beskerm. Wanneer die vlamme vir ons brandspanne gevaarlik raak, moet ons kan omdraai sonder om ons oor aankomende verkeer te bekommer.”

Sanral het ook die verpligting om die padskouers gereeld te sny sodat vlamme nie oor die pad spring nie. Hy sê die brandbeskermingsverenigings in die provinsie word nou volgens provinsiale distrikgrense hersaamgestel om administrasie en logistiek te vergemaklik. Staatsorgane soos distriksmunisipaliteite, Sanral, Transnet en Eskom is wetlik verplig om aan BBV’s te behoort wat samewerking verbeter.

Groot verliese

Mnr. Hannes de Wet, voorsitter van Oranje-Karoo-landbou-unie, het 700 ha in die brand verloor. ’n Maand gelede is 3 000 ha tussen Strydenburg en Hopetown afgebrand. Hy sê hy het ook onlangse berigte van brande by De Aar en Hanover ontvang. “Ons hou die daaglikse weervoorspellings goed dop vir toestande wat bevorderlik is vir wegholbrande."

Mnr. Jan Joubert, voorsitter van die Agri Kuruman-landbou-unie, sê hoewel daar berigte is van vee en wild wat gebrand het, is daar nie groot troppe beeste soos verlede jaar wat doodgebrand het nie.

“Tussen Kuruman en Daniëlskuil het die brande 66 plase en 30 000 ha weiding vernietig. My eie plaas het 85% afgebrand. Ons kan nie die presiese skade bepaal nie, want die beelde op die satellietfoto is te dynserig weens rook en bewolkte omstandighede.

”Die brande het verlede Donderdag ontstaan en onverpoos gebrand. Hy sê betrokkenes is pro-aktief en het weer eens besef dit is beter om 70% van hul tyd in brandvoorkoming te sit as in brandbestryding.

“Ons is dankbaar vir almal wat op elke moontlike manier gehelp het om die brande te bestry. Dit sluit die ramphulpsentrum van die distriksmunisipaliteit en Working on Fire in. Boere benodig nou veevoerbale en alternatiewe weiveld.”

Mnr. Joe Scholtz, voorsitter van die Agri Hay-landbou-unie, sê hy het 48 uur lank die brande in die Griekwastad-omgewing brande bestry wat etlike dae gewoed het.

“Ons het ook gehelp om die dorpsmeent waar opkomende boere brande beleef het, te blus.”

Enige skenkings kan aan Agri Noord-Kaap se stigting gemaak word. Dit word gebruik om skenkings van veevoer en weiding te kanaliseer en met die beskikbare geld boere se beskadigde infrastruktuur te vervang. Navrae: Web: www.agrinc.org.za of 073 291 0557.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot