AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Noord-Kaap Jongboer van die Jaar boer op hoër hoogtes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Dewald Dempers se liefde vir sport het hom verskeie lesse geleer: Om nederig te bly en hard te werk om sukses te bereik. Hier is hy met van die enkele aandenkings as kranige sportman wat ná ’n inbraak behoue gebly het. Al die sportklere sedert sy skooljare en vir Cravenweek, en medaljes vir stoei en atletiek is gesteel. Hy het onder meer skolerugby vir die Griekwas gespeel, asook vir die Pukke. Foto: Johan Norval
Mnr. Dewald Dempers se liefde vir sport het hom verskeie lesse geleer: Om nederig te bly en hard te werk om sukses te bereik. Hier is hy met van die enkele aandenkings as kranige sportman wat ná ’n inbraak behoue gebly het. Al die sportklere sedert sy skooljare en vir Cravenweek, en medaljes vir stoei en atletiek is gesteel. Hy het onder meer skolerugby vir die Griekwas gespeel, asook vir die Pukke. Foto: Johan Norval
’n Noord-Kaapse besproeiingsboer wat sy boerderysukses verseker deur vertikaal uit te brei, is dié provinsie se kandidaat wat tot die eindronde van Agri SA en Toyota se Jongboer van die Jaar-kompetisie deurdring.

Die 39-jarige mnr. Dewald Dempers het sy boerdery die afgelope vier jaar letterlik tot hoër hoogtes uitgebrei deur sy belegging in ’n lugbespuitingsonderneming. Hy het sedert 2018 ’n aansienlik hoër boerderywins behaal as die potensiële inkomste uit kontantgewasse op besproeiingsgrond met dieselfde beleggingswaarde as sy drie vliegtuie.

Die Noord-Kaap het in 2021 met die kroon van die Toyota-jongboer weggestap met die aanwysing van mnr. Gerhard Bruwer van die Genade-boerdery by Douglas as nasionale wenner.

Dempers het sy boerdery die afgelope 12 jaar opgebou met mielies en gars as die hoofwisselbougewasse onder besproeiing. Ander somergewasse is grondbone en pekanneute met saadhawer wat in die winter bykans 6% van sy boerderyomset uitmaak, en lusern (net meer as 4% van die omset).

Sy garsproduksie het hom in 2018 AB InBev se toekenning as Garsprodusent van die Jaar besorg.

Een van die waardetoevoegingselemente van sy boerdery is twee koelkamers vir die opberging van 24 000 sakkies aartappelmoere.

Dempers het ’n silo vir 800 ton graan vir die terughou en droging van eie mielies, wat as buffer dien wanneer die leweringsdruk by die omgewing se silo’s te hoog is.

Die boerdery se risiko word versprei deur die onlangse verkryging van ’n wildplaas by Ulco, sowat 100 km van Vaalharts af. Dit is een van twee plase in Suid-Afrika met ’n dieretuinpermit, wat Dempers toelaat om enige spesie aan te hou.

Bemagtiging

Die boerdery het die besproeiingsplaas Voordeel met 110 ha besproeiing en ’n pekanneutboord van 30 ha in die Vaalhartsgebied in 2019 aan die Taung-bemagtigingsgroep van drie broers met die hulp van Land Bank verkoop. Dempers het ’n ooreenkoms om vyf jaar lank as mentor op te tree en met die gewasproduksie te help.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,018.82
+0.8%
Palladium
1,669.18
-0.0%
Goud
1,954.48
+0.2%
Silwer
24.46
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot