AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Noorde in knelgreep van droogte

El Niño het die noordelike dele van die land in 'n droogtewurggreep. Beesboere in Limpopo begin ontslae raak van aanteelvee en wildvrektes oor 'n wye gebied is aangemeld omdat daar geen weiding is nie. Sowat 90 % van die wildboere in dié provinsie voer al geruime tyd. Daar word beraam dat verliese miljoene rande kan beloop.

Vrektes van 50 tot 60 koedoes is op plase aangemeld. Vlakvarke en ander wild loop ook deur. "Die toestand is kritiek en as dit vir nog 'n paar weke so aanhou, gaan boere geweldige skade hê. Daar is beslis boere wat die voerkoste nie sal kan volhou nie," sê dr. Dirk Neethling van die Trans-Vaal-Wildboervereniging.

Mnr. Seun de Swart, wildboer van Messina, sê die gebied het sy laaste reën verlede jaar in Desember gehad en daar is nie gras of blare nie. Daar is wel kolle wat 'n bietjie reën gekry het, maar die hitte laat die vog gou verdwyn. Op baie plekke het die bome nog nie gebot nie. Hy boer die afgelope 25 jaar met wild. Die huidige toestande in dié omgewing is van die slegstes in dié tyd, sê hy. "Van die boere se voerrekenings bedra al sowat R500 000."

Hy meen verliese gaan uitkring na die jagbedryf omdat dit gewoonlik die ouer trofeediere is wat eerste vrek. "Dit gaan die mark vir buitelandse jagters benadeel."

Mnr. Tertius Theron, streekbestuurder van TLU SA op Pietersburg, sê veeboere kry ook swaar. Boere begin ontslae raak van aanteelvee omdat hulle nie weiding het nie.

Die situasie in Mpumalanga lyk net so sleg. Mnr. Lourie Bosman, voorsitter van Agri Mpumalanga, sê die toestand is taamlik ernstig oor die hele gebied en mielie-aanplantings is nie afgehandel nie. Weidingherstel is swak en water begin min raak vir besproeiing omdat spruite en riviere staan.

Mnr. Pieter Meyer, voorsitter van Agri Noordwes sê die meeste plekke in dié provinsie het minder as 10 mm tot 12 mm neerslae gehad en min aanplantings is gedoen. "As dit binne 8 tot 10 dae reën, kan die situasie egter vinnig verander want daar is nog 14 tot 21 dae planttyd oor vir veral die vinniger kultivars. Wat weiding betref, is die situasie kritiek weens die erge veldbrande wat die provinsie geteister het.

In die weste van Gauteng het boere nog nie geplant nie, maar in die oostekant het boere klaar mielies geplant en hulle wag nou op reën. Weiding is swak en kan net 'n rukkie hou, sê mnr. Riaan van Wyk, voorsitter van Agri Gauteng.

Graan SA sê die huidige plantseisoen is een van die moeilikste in jare en in dié stadium lyk dit of dit op 'n ramp afstuur.

"In Noordwes en die Noordwes-Vrystaat is na raming tot dusver minder as 10 % van die oppervlakte geplant. As dit nie voor einde November gereën het nie, is dit te betwyfel of daar wel geplant sal word, want geen reën word vir Desember voorspel nie," sê mnr. Andrè Ferreira van Graan SA.

Die vroeë somerdroogte voorspel ook niks goeds vir die vleisbedryf nie. Voerkrale hoop dat hoë vleispryse, wat tradisioneel dié tyd van die jaar heers, tot minstens einde Februarie kan voortduur. Dit sal hulle help om verliese te verhaal op die hoë speenkalfprys van R11/kg en 'n mielieprys van R1 800/ton in die tyd toe hulle diere vir die huidige mark moes afrond.

'n Ooraanbod van beeste weens die droogte kan hierdie verwagting ongedaan maak. Baie boere, veral op die Hoëveld, het aangeplante weidings uitgeploeg om mielies te plant. Toe bly die reën weg sodat hulle nie kon plant nie en nou weens 'n kosskaarste gedwing is diere te verkoop.

Baie vleisbeesboere bou nog hul kuddes -- 'n proses wat deur die droogte in die wiele gery word.

6 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot