AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Noordwes groet geliefde Braunvieh-teler

akkreditasie
Mnr Piet de Villiers en sy vrou, Anna
Mnr Piet de Villiers en sy vrou, Anna
Die legendariese Braunvieh-beesteler mnr. Piet de Villiers is onlangs oorlede.

Die legendariese Braunvieh-beesteler mnr. Piet de Villiers is op 28 April in die ouderdom van 83 jaar oorlede aan hartversaking nadat hy ’n week in die Vryburg Private Hospitaal behandel is.

Sy liefde vir die Braunvieh-beeste van Switzerland was alombekend. Hy was jare lank lid van die Bruin Switser- en later Braunvieh-telergenootskap.

Hy het ook jare lank in die Stamboekraad gedien, sê sy dogter, me. Arina de Villiers. “Ons het my pa altyd gespot, want hy was geniaal met die uitlê van beesbloedlyne, maar vra jy hom dieselfde oor mense, weet hy nie wie is wie nie.”

Met De Villiers se geboorte op 2 Mei 1939 het sy oupa vier kommersiële kruisverse aan hom geskenk. Met die aanteel van daardie verse het sy beesboerdery begin.

In die 1950’s het sy pad in die skoolkoshuis op Lichtenburg, Noordwes, gekruis met dié van mnr. Marinus Albertyn, seun van die Bruin Switser-stoetteler mnr. Flip Albertyn. Tydens stiltetyd het ’n foto van ’n Bruin Switser-koei uit Albertyn se Bybel geval. Die foto en beesras het onmiddellik De Villiers se oog gevang en die ras sou uiteindelik sy groot liefde word.

“My pa het altyd gesê hy staan by die Bruin Switsers, want daar is nie ’n beter bees nie. Deur droogte, nat weer, plat wêreld of berge, niks kry hulle onder nie,” vertel Arina.

In 1968 het De Villiers sy eerste twee stoetbulle per vragskip uit Switserland ingevoer. Hulle is op die stasie op Madibogo afgelaai. Die voerbak van die bul Markus wat op die skip gebruik is, word steeds vandag op die familieplaas gebruik. Later het hy ook die bul Dufur per vliegtuig van Switserland ingevoer.

Buiten dat De Villiers jare lank lid was van die Bruin Switser- en later Braunvieh-telersgenootskap, was hy ook president van die genootskap. Ná sy aftrede was hy lid van die raad as lewenslange ere-vise-president van die genootskap.

Hy het nou saam met die Landbounavorsingsraad gewerk en was aktief betrokke in die georganiseerde landbou. Hy was medestigterslid van die jeugskou, stigterslid van Sampi en later ook Nampo. Hy was baie jare die voorsitter van die beestekomitee van Nampo en het ’n groot rol daarin gespeel dat verskillende rasse op Nampo vertoon word. Hy was ook betrokke by die Pretoria-skou en het gehelp met die uitbou daarvan.

“My pa het nooit gespog oor sy prestasies nie, maar hy het soveel goue en silwer bekers en medaljes gewen. My ma, Anna, het in ’n stadium vir hom ’n gordyn gemaak met al die linte van die beeste waarmee hy geskou het,” sê Arina.

Die Oostenrykse Braunvieh-telersgenootskap het aan De Villiers die Elitekoeitoekenning vir sy koei Rosie gegee. Dit was die enigste keer dat die erkenning buite Oostenryk toegeken is.

“Mnr. Koos van den Berg, ’n Brahman-teler, het ná my pa se afsterwe vir my ma gesê my pa was nie ’n beesboer nie, hy was ’n cattleman. En vir my sal hy altyd die gentleman van cattlemen wees,” sê Arina.

Piet word oorleef deur sy vrou, Anna (84), dogter, Arina (58), seun, Pieter (60), Pieter se vrou, Erika (58), en hul dogter, Enrike (31). Hulle het nog ’n dogter, Anica, wat op die ouderdom van 23 oorlede is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot