AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Noordwes se voer eindelik afgelewer

Uiteindelik: Noordwes se droogtevoer is alles afgelewer, maar dit was alles té min en té laat, sê Agri Noordwes.

Sowat vier en ’n half maande nadat die Noordwes-provinsie met die aflewering van voer vir droogtehulp begin het, is dié proses einde Maart eindelik afgehandel.

Mnr. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê sover hy weet, is die laaste sakke afgelewer. Landbouweekblad kon dit nie met die provinsie se departement van landbou bevestig nie, omdat die woordvoerder geen boodskappe beantwoord het nie. Pienaar het gesê hulle sukkel ook al drie weke om finale besonderhede by die departement te kry.

Landbou-organisasies het in Mei verlede jaar verslae oor die droogte ingedien en om hulp van R400 miljoen gevra. Slegs R43,6 miljoen is uiteindelik bewillig, waarvan sowat ’n derde aan kontrakteurs bestee is omdat die provinsie op ’n tenderproses aangedring het.

Ramphulp geld is gebruik

Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê in die geheel was die hulp te min en laat ontvang en die grootste probleem was die manier waarop die geld bestee is. “Die feit dat ’n tenderproses gevolg is en ramphulp geld gebruik is om entrepreneurs te vergoed en vervoer te betaal, was ondoeltreffend en onnodig.

“Die ondoeltreffende kommunikasie en gebrek aan erns rakende die situasie was ook problematies.” Aanvanklik was daar 23 000 name van boere wat hulp nodig gehad het, maar nadat dupliserings uitgeskakel is, het die lys sowat 16 000 name bevat.”

Pienaar sê dit is onseker wat van die voer geword het wat oorgebly het nadat die oorspronklik beplande agt sakke by die 16 000 begunstigdes afgelewer is. “Daar is aanduidings dat meer as die begunstigdes wat op amptelike lyste voorgekom het, uiteindelik voer ontvang het.”

Eie projek op Facebook

Agri Noordwes-lede het verlede jaar gelyklopend met die provinsie se program sy eie droogtehulpprojek op Facebook begin. Só is altesame 180 vragte voer ter waarde van R7 miljoen geskenk en afgelewer met geld wat deur ondersteuners van die Facebook-inisiatief en Amore Bekker, radio-omroeper van RSG, se “Dollars vir Droogte”-program geskenk is.

Nie net Agri Noordwes-lede het baat gevind nie – plaaslike Agri Noordwes-leiers kon hul diskresie gebruik.

Twee treinvragte voer is uit die Wes-Kaap ontvang, wat volgens Pienaar baie gehelp het. Ondanks milde reën begin vanjaar en die feit dat weiding in die meeste gebiede baie mooi herstel het, sê Pienaar dit lyk asof boere steeds diere verkoop en nog nie weer teelkuddes begin aanvul deur aanteeldiere te koop nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
19.47
-0.4%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,640.01
-0.2%
Silwer
18.70
-0.9%
Palladium
2,050.50
-1.1%
Platinum
855.30
-0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,506
-1.1%
Alle aandele
62,774
-1.0%
Hulpbronne 10
55,008
-2.3%
Industriële 25
78,550
+0.2%
Finansiële 15
13,887
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot