AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe aanleg sal help om trae groei onder kinders te beveg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Die Inani StartWell-stigting het onlangs ’n aanleg in die Oos-Rand bekendgestel waar voedingryke ontbytgeregte teen ’n baie lae koste vervaardig sal word ten einde chroniese wanvoeding en vertraagde groei onder tot 200 000 kinders in kwesbare gemeenskappe te beveg.

Dié aanleg in Springs is teen ’n koste van R11 miljoen opgerig. Dit sal elke maand 200 ton ontbyt-maaltye vervaardig en 30 werkers in diens neem.

Luidens ’n verklaring deur die stigting ly 27% van Suid-Afrika se bevolking van 6,5 miljoen in die ouderdomsgroep onder vyf jaar aan vertraagde groei. Dit lei daartoe dat kinders se fisieke groei en verstandelike ontwikkeling hoofsaaklik weens ’n tekort aan voedingstowwe nie die vereistes vir hul ouderdom bereik nie.

Mnr. Org van der Wath, uitvoerende direkteur van die stigting, sê navorsing dui aan dat 1,7 miljoen Suid-Afrikaanse kinders onder die ouderdom van vyf jaar aan chroniese wanvoeding ly, wat beteken hulle het toegang tot kos, maar nie genoegsame voedingstowwe nie.

“Hierdie kos is ryk aan energie, veral weens die hoë suiker-inhoud, maar die voedingswaarde daarvan is gebrekkig. Die kinders se mae is vol, maar die kos bevat nie die noodsaaklike voedingstowwe om hul immuunstelsel op te bou en hulle verstandelik te ontwikkel om sodoende hul volle potensiaal te verwesenlik nie.

“Die hartseer werklikheid is dat weens die vertraagde fisieke en verstandelike groei, hierdie kinders lewenslank sal ly weens hierdie agterstand. Swak voeding is te wyte aan ’n samelewing wat aanhou om ultra-verwerktee, suikerryke maaltye sonder skroom aan groeiende kinders in kwesbare gemeenskappe uit te deel.”

Die StartWell-ontbytmaal het ’n hoë voedingswaarde en word teen ’n koste van R2 per 35 gram-porsie verkoop. Dit sal in sowat 85 % van ’n kind se daaglikse proteïenbehoeftes voorsien. Die maaltyd bevat heel grane, verskeie volmelkprodukte, asook al die vitamiene en minerale wat ’n groeiende kind benodig.

Die ontbytmaal is die afgelope drie jaar ontwikkel met bydraes van verskeie voedingswetenskaplikes en dieetkundiges van Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Kaapstad en Noordwes-Universiteit.

Van der Wath sê wat Inani StartWell se aanleg só uniek maak, is dat sy sakemodel nie konsentreer op die skepping van welvaart vir aandeelhouers nie. Dit lyk anders as gewone voedselaanlegte aangesien die fabriek deel is van ’n stigting sonder winsoogmerk. “Ons konsentreer met ons resepte op die groeiende kind se behoeftes, pleks van die aandeelhouers se belange.”

Hy sê die stigting is opgewonde om in vennootskap te tree met instansies wat klem lê op vroeë kinderontwikkeling. “Hierdie vennootskappe is noodsaaklik omdat ’n maatskaplike en menslike katastrofe ons in die gesig staar as ons nie dadelik optree nie. Altesame 34,4% van die land se werkmag sit tans sonder werk, terwyl 11,8 miljoen Suid-Afrikaners daagliks steier onder die impak van voedselonsekerheid en 300 000 Suid-Afrikaanse kinders jaarliks bygevoeg word tot die aantal wat ly aan vertraagde groei, of sogenaamde ‘stunting’.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-1.2%
Rand - Pond
19.81
-2.0%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,655.11
-0.3%
Silwer
18.68
-1.2%
Palladium
2,206.50
+2.6%
Platinum
864.50
-0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,846
-1.0%
Alle aandele
63,194
-1.0%
Hulpbronne 10
59,872
+3.4%
Industriële 25
76,622
-2.4%
Finansiële 15
13,665
-3.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot