
Van Landbouweekblad se gewilde boeke, soos sy resepteboeke en die handleidings oor diere, is op 'n nuwe aanlyn-winkel te koop.
Verskeie boeke beskikbaar. Dit sluit in die gewilde resepteboeke, Boerekos en Vars uit die Oond, deur Arina du Plessis; dr. Faffa Malan se topverkoper, Vra die veearts- wat beesboere moet weet; Die A tot Z van troeteldiere; Siektes en Parasiete by skape en bokke in SA, deur drs. Peter en Pamela Oberem. Engelse weergawes van dié boeke is ook beskikbaar.
Voornemende kopers kan bestellings op die webwerf invul. Twee betaalopsies is beskikbaar. Betalings kan per kredietkaart via ’n veilige e-handel platform gedoen word. Kopers kan ook ’n bestelling plaas, en ’n inbetaing by ’n bank doen om die boeke te ontvang.
Besoek Landbou.com se webwerf en klik op die skakel wat lees Winkel, of gebruik die volgende adres: http://winkel.landbou.com/