AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Nuwe aanslag op forelbedryf deur permitstelsel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Mpumalanga- Parke-en-Toerisme-agentskap se besluit om van jaar- na maandpermitte oor te skakel vir die vrylaat van forel by hengeloorde kan ’n doodskoot vir die foreldriehoek van Mpumalanga wees. Foto: Jasper Raats
Die Mpumalanga- Parke-en-Toerisme-agentskap se besluit om van jaar- na maandpermitte oor te skakel vir die vrylaat van forel by hengeloorde kan ’n doodskoot vir die foreldriehoek van Mpumalanga wees. Foto: Jasper Raats
Die regering se jongste slenter om die forelbedryf te probeer kniehalter, kan dalk forelboere in Mpumalanga se besighede toemaak.

Daar hang weer onweerswolke oor Mpumalanga se foreldriehoek nadat die provinsiale departement van omgewing sonder waarskuwing of konsultasie besluit het om weg te doen met jaarpermitte vir die vrylaat van forelle in private damme, en ’n maandelikse permitstelsel in te stel.

Die Mpumalanga- Parke-en-Toerisme-agentskap (MPTA) het in Maart summier aangekondig dat jaarlikse permitte vir die vrylaat van forel deur maandpermitte vervang sou word, en waarsku eienaars van vlieghengelbestemmings in dieselfde asem dat dit twee tot drie weke kan duur om aansoeke te verwerk. Boonop mag daar nie vooruit aansoek gedoen word om permitte nie.

Mnr. Peter Arderne, sekretaris van die forelhengelfederasie (Fosaf), verduidelik skriftelik aan sy lede dat baie vlieghengeloorde forel regdeur die jaar vrylaat vir hul gaste om te vang. Dit is selfs meer as een keer per maand in spitstye rondom skoolvakansies en langnaweke. “Hierdie stap deur die MPTA sal byna elke bestemming in die foreldriehoek van Mpumalanga dwing om sy deure te sluit,” sê hy.

Van die hengeloorde wat gelukkig genoeg was om hul 2022-permitte voor die afsnydatum van 1 Maart te kry, mag aanhou om vis in hul water vry te laat tot einde vanjaar. Baie ander is egter volgens Arderne nou hoog en droog gelaat en kan nie vir hul kliënte goeie hengelgeleenthede bied nie, want hulle mag nie forel in hul water aanvul of vrylaat sonder wettige permitte nie.

Dit tref forelboere wat lewende vis aan hengeloorde lewer, waarskynlik die swaarste. Mnr. Stephan van der Merwe, voorsitter van die noordelike forelvereniging, kon sy oë nie glo toe hy die kennisgewing sien nie. Hy het gedink dit was ’n misverstand aan die kant van ’n amptenaar by die MPTA se kantoor in Mbombela.

Wat hom betref is die wysiging nie net onprakties nie, maar daar is ook fout met die proses. Daar was geen openbare deelnameproses vooraf soos vereis deur die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Wet 3 van 2000) nie. Die MPTA het nie op sy oproepe en e-posse gereageer nie.

Daarom het Van der Merwe nou die hulp van ’n prokureur, mnr. Richard Spoor, ingeroep wat vrae skriftelik aan die MPTA se waarnemende hoof, mnr. Mduduzi Vilakazi, gerig het. Ná ’n lang wagtydperk van geen kommunikasie nie het Vilakazi laat weet dat die MPTA se regsverteenwoordiger met Spoor kontak sou maak.

Mnr. Ilan Lax, voorsitter van Fosaf, sê daar is intussen ’n vergadering belê tussen Vilakazi se kantoor en belanghebbendes van die Mpumalanga-forelbedryf. “Ons hoop dat redelikheid sal seëvier en dat die saak spoedig reggestel kan word.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot