AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe invoer-reëls vir Nam-rooivleis

Die plan om strenger regulasies in te stel op die invoer van rooivleis van buurlande het Namibiese rooivleisboere onkant betrap.

Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Namibiese Veeprodusente-organisasie, sê die ministeriële samesprekings tussen Suid-Afrika en Namibiê, asook die direktorate van dieregesondheid en rolspelers van beide lande, in Maart het aangedui invoer van speenkalwers en slagvee na Suid-Afrika sal gladweg verloop.

“Ons was dus redelik verbaas ná die aankondiging dat die nuwe, strenger regulasies op 1 Julie in werking sal tree.” Die Namibiese owerhede gaan hul kant van die saak aan die Wêreldhandelsorganisasie stel op sy sitting in Julie. Dié regulasies vereis dat kuddes tuberkulose- en brucellosevry moet wees, het spesifieke vereistes oor die inentings, IPV en IBR, en vereis dat alle diere 72 uur voor hy gelaai word ontwurm word en bosluisbehandeling ontvang.

Volgens bronne van die koerant Die Republikein is dié nuwe regulasies “so omvangryk dat dit nie vir veeboere en spekulante prakties moontlik sal wees om meer hul diere na voerkrale en slagplase in Suid-Afrika uit te voer nie.”

Uitvoer beskerm

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, sê die regulasies is behoort Suid-Afrika se uitvoerstatus te beskerm. “Dit gaan nie oor invoer uit Namibië nie. Ons werk met ’n internasionale grens en Suid-Afrika moet met internasionale reëls saamwerk. Hierdie reëls val binne die raamwerk van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) se terrestriële kodes, asook binne ons eie wetgewing. Dieselfde regulasies wat vir die uitvoer van vee na ons buurlande geld, geld vir ons eie invoer,” sê hy.

Schutte meen die nuwe regulasies is strenger as voorheen, maar is op alle lande van toepassing. “Sou ons byvoorbeeld vleis van Australië invoer, is daar ’n lys van siektes waarvoor daar volgens die OIE getoets moet word, ongeag die land se hoë dieregesondheidstatus. Die Namibiese argument dat hul dieregesondheidstatus beter as Suid-Afrika s’n is, is dus nie ter sprake nie. Die voorgestelde wysigings is bloot ’n regstelling van ’n situasie wat vroeër meer informeel hanteer is,” sê hy.

Mnr. Georg Friedrich van Witvlei in Namibië meen strenger invoerregulasies op lewende diere kan nuwe toetreders tot die slagplaasbedryf in Namibië toelaat, wat vleispryse sal verbeter. “Ons boere word nou gedwing om ons kalwers op die veld af te rond en aan die uitvoerslagplase te bemark. In hierdie stadium slag amper al die slagplase onder kapasiteit. Meer vleis kan meer uitvoer beteken. In dié stadium is Meatco die enigste uitvoerder van vleis uit Namibië, en hulle bepaal die prys wat aan boere betaal word.

“Indien meer vee geslag en uitgevoer moet word, sal dit lei tot nuwe toetreders tot die slagplaasbedryf en mededingende pryse vir Namibiese vee,” sê Friedrich. Boonop beteken die nuwe regulasies nie dat Namibiese speenkalfboere in sak en as moet sit nie.

“Meatco het reeds ’n stelsel in plek waarvolgens die maatskappy die boer se speenkalwers koop en voor betaal. Die kalwers bly egter op die boer se plaas en word afgerond. Op die dag wat hulle geslag word, word die verskil tussen die slagprys en die koopprys aan die boer betaal. Daar is dus ook geleenthede vir speenkalfboere,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.06
+0.8%
Rand - Euro
17.57
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.46
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,706.45
-1.2%
Silwer
20.08
-4.7%
Palladium
2,225.00
-4.2%
Platinum
910.50
-2.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,012
-1.4%
Alle aandele
65,410
-1.4%
Hulpbronne 10
63,305
-2.0%
Industriële 25
79,059
-1.3%
Finansiële 15
13,937
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot