
“Die doelwit daarvan is om nuwe kultivars vir die plaaslike produsent daar te stel met beter grootte-, blos- en algemene aantreklikheids-eienskappe.” Tien kultivars is vier jaar gelede uit die Pisa-omgewing van Noord-Italië ingebring vir evaluasie. Minstens vier daarvan lyk baie belowend, naamlik Ammiraglia, Piera, Silvana en Maharani.
Aanplantings van dié, asook die ander Italiaanse kultivars, is in proefblokke in die Klein-Karoo, Warm-Bokkeveld en Koue-Bokkeveld gevestig. “Hoewel nog vroeg, toon veral die vier kultivars reeds baie belofte, en produsente sal waarskynlik in die nabye toekoms kan aansoek doen om van dié kultivars op klein skaal te plant.”
Die plaaslike appelkoosbedryf – die grootste ter wêreld – word gekenmerk deur wisselvalligheid deurdat besonder goeie jare besonder swak jare voortdurend afwissel. Mnr. Wiehahn Victor, hoofbestuurder van die Inmaakvrugte-produsentevereniging (IPV) sê die huidige produksiejaar-oes is sowat 25% swakker as die vorige, naamlik 31 700 ton teenoor die meer as 42 000 ton van die vorige oes. Dit is weens bome wat swakker geblom het in die meeste produksiegebiede.
Rudi (Vos) sê tans is daar sowat 3 000 ha onder appelkoosbome, maar aanplantings daal omdat baie boere hul wend na vrugsoorte wat hoër opbrengste lewer, soos pruime. Bulida-appelose word steeds die meeste gevestig, en tans is sowat 1 540 ha onder dié kultivar.
JOHAN COETSEE