AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nuwe landboufinansier bekend gestel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is mnre. Dean Scoble, kommoditeitsbestuurder van AgMerchant, Chris Venter, besturende direkteur van Ag Merchant, en Theo Vorster, besturende direkteur van Galileo Capital, tydens die bekendstelling van die nuwe landboufinansieringsmaatskappy. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Van links is mnre. Dean Scoble, kommoditeitsbestuurder van AgMerchant, Chris Venter, besturende direkteur van Ag Merchant, en Theo Vorster, besturende direkteur van Galileo Capital, tydens die bekendstelling van die nuwe landboufinansieringsmaatskappy. Foto: Gerrit Bezuidenhout
’n Splinternuwe maatskappy met die oogmerk om likiditeit in die landbou te bevorder ten einde voedselsekerheid te bewerkstellig is in Pretoria bekend gestel.

AgMerchant Capital beoog om aan die landboufinansieringsbedryf deel te neem deur pasgemaakte finansieringsoplossings aan die landbouwaardeketting te bied.

Die maatskappy, wat gestig is deur mnr. Chris Venter, het ten doel om die hele waardeketting met langtermyn- finansiële oplossings te ondersteun.

“Die Suid-Afrikaanse landboubedryf is kritiek belangrik vir die voortgesette ekonomiese groei van die land, asook vir voedselsekerheid en werkskepping. Daarom is dit belangrik dat die bedryf ondersteun moet word deur ’n toegespitste kommersiële landboufinansier,” het Venter gesê.

Hy het gesê daar is plek vir ’n finansier wat die sikliese aard van die bedryf verstaan en as entiteit die vloei van die kommoditeit kan finansier, pleks daarvan om bloot op die produsent se balansstaat staat te maak. “Dit is daarom ons voorneme om die hele landbouwaardeketting met finansiële oplossings te bedien ten einde die bedryf die nodige ondersteuning te gee om te groei en te floreer.”

Mnr. Theo Vorster, besturende direkteur van Galileo Capital, het gesê likiditeit is die enkel grootste faktor in elke skakel van die landbouwaardeketting. “Elkeen van die skakels, vanaf die produsent tot by die verbruiker, het verskillende rolle om te speel en funksies om uit te voer, maar likiditeit bly die sleutel tot elkeen se funksie. Likiditeit se rol is ook om koste laag te hou en voorraad te verseker. Wanneer likiditeit ontbreek, begin pryse styg en beskikbaarheid neem af. Ek glo dat ons mettertyd al hoe meer van hierdie tipe bronne sal sien wat deel word van kapitaalverskaffing aan die landbou.”

Venter het gesê finansiering sal altyd die sleutel wees in alle elemente van die landbouwaardeketting en dat die omgewing waarin landboufinansiering bedryf word, verander. “Landbouskuld sal steeds toeneem en die balansstaat van landboumaatskappye gaan gevolglik meer onder druk kom wanneer landbouskuld bly styg, terwyl risiko’s in die landbou van jaar tot jaar verskil. Daar is ’n rol vir ’n toegespitste landboufinansier in Suid-Afrika vir die waardeketting wat deur innoverende en volhoubare finansiële oplossings die landbou kan ondersteun.”

Venter het gesê AgMerchant Capital sal in die afsienbare toekoms produksiefinansiering en handelsfinansieringsoplossings bied, maar gaan vir eers konsentreer op kommoditeits- en batefinansiering, kapitaalmarkte en gespesialiseerde finansiering wat onder meer bedryfskapitaalfinansiering insluit.

Hy het gesê AgMerchant Capital gaan nie daarop konsentreer om noodwendig die goedkoopste rentekoerse te bied vergeleke met bestaande instellings soos handelsbanke nie. Hy sal mededingende koerse bied, maar veral verseker dat diens en die verskaffing van kapitaal voorrang geniet.

Volgens Venter sal AgMerchant in staat wees om vinnig te reageer op kliëntebehoeftes binne die bedryf, met doeltreffende besluitneming om diegene wat deurlopende finansiële ondersteuning benodig, by te staan. “Dit is opwindend om ’n maatskappy te bou en ’n nuwe handelsnaam met ’n uitstekende span te vestig in die huidige landboubedryf met die geleenthede wat dit bied.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot