
Hy neem oor by mnr. Trevor Dukes, uitvoerende hoof van Fruit Farm Group South Africa.
Me. Miriam Wolk, IFPA se hooflidmaatskapsbeampte, het tydens die Suid-Afrikaanse konferensie in Kaapstad gesê IFPA is met die ingang van die jaar geskep toe die varsproduktebemarkingsvereniging (PMA) en United Fresh hul hulpbronne en kennis saamgegooi het.
“Die bedryf het behoefte daaraan gehad om relevansie te wys, maar ons wou nie net saamsmelt nie. Ons wou ’n nuwe organisasie stig op die nalatenskap van die voriges.”
Volgens haar tree IFPA op as kampvegter vir die bedryf op nasionale en internasionale vlak.
“Ons wil voordelige veranderinge deur ons aksies bewerkstellig, daarom verbind ons individue en organisasies reg oor die verskaffingsketting en die wêreld met idees, data en met mekaar. Die potensiaal is daar om die wêreld se grootste probleme op te los.”
Hul derde funksie is om as leiers op te tree wat mense oplei, insig en ervaring versprei, dialoog aanmoedig en oplossings deel.
“Ons hou ons vinger op die pols van belangrike neigings en oplossings wêreldwyd.”
IFPA is nou die grootste bedryfsvereninging en bedien sowel die varsprodukte- as blommevoorsieningsketting.