AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe lone kan werksmag erg inkort

Tot 30% van die werkers in die landbou kan oor tyd hul werk verloor weens die hoër lone, meen 'n landbouleier.

Minder as 1% van die land se boere het vir kwytskelding van die nuwe minimum lone vir plaaswerkers aansoek gedoen, sê me. Milderd Oliphant, Minister van Arbeid. Sy het Donderdag, 7 Maart, aangekondig dat sowat 900 boere om kwytskelding aansoek gedoen het.

“Wat duidelik moet wees, is dat dié 900 aansoekers deel uitmaak van die sowat 100 000 boere in die land,” haal Fin24.com vir Oliphant aan.

Mnr. Anton Rabe, voorsitter van Agri SA se arbeidskomitee, sê hy verskil van Oliphant wat dié statistiek betref. “Wat ek van weet het ons sowat 35 000 kommersiële boere in die land.” Hy sê as dié syfer in ag geneem word is die aantal aansoeke hoog.

“Hierdie is ’n eenmalige gebeurtenis en ons het geen vorige gebeure om as verwysing te gebruik nie, maar dit is volgens my ’n redelike groot groep. Verder verwag ons dat sowat 90% van die boere wat nie aansoek gedoen het nie, ’n ander plan gaan maak om arbeidskostes te bestuur,” aldus Rabe.

Net een kant van die munt
Volgens Rabe is aansoeke vir kwytskelding net een kant van die munt. “Die ander kant is om mense af te lê.” Hy meen as afleggings oor die komende maande in ag geneem word, is dié 900 aansoeke net ’n druppel aan die emmer.

’n Opname oor landwye afleggings sal oor ’n paar maande onderneem word om die werklike invloed van die styging van 52% in minimum lone te probeer bepaal. Rabe sê heelwat boere in die Wes-Kaap oes tans druiwe of vrugte en kon dus nie onmiddellik stappe doen nie, maar sal ná die oestyd besin oor hulle arbeidskoste.

“My persoonlike gevoel is dat sowat 30% van die land se plaaswerkers geleidelik oor tyd hulle werk sal verloor,” voorspel Rabe.

Ander oplossings
Intussen sê mnr. Cor van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, baie boere het moontlik nie vir kwytskelding aansoek gedoen nie weens die kriteria daaraan verbonde. “Soos wat ek verstaan, gee die dokument jou slegs uitstel om met ’n plan vorendag te kom van hoe jy die loon later sal betaal. En dan moet jy dit terugwerkend betaal.”

Van Vuuren sê baie werkers verstaan ook nie hoekom hulle nie die nuwe loon as salaris verdien as ’n boer vir kwytskelding aansoek gedoen het nie. Met dié rede in gedagte het verskeie boere onderling met hulle werkers onderhandel om die nuwe loon te betaal wanneer hulle oeste afgehandel is.

Altesaam 255 boere verbonde aan dié organisasie het tydens ’n opname aangedui dat hulle van plan was om meer as 5300 mense af te lê weens die stygende arbeidskoste.

Bron: News24.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
+1.0%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.55
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
+1.2%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,713.98
+0.8%
Silwer
20.95
+1.2%
Palladium
2,332.84
+4.9%
Platinum
927.50
+2.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,638
+3.1%
Alle aandele
66,102
+2.9%
Hulpbronne 10
64,311
+4.3%
Industriële 25
79,706
+2.8%
Finansiële 15
14,059
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot