AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe mielies kan 30 t/ha lewer

Die wêreldrekord vir mielie-opbrengs wat in 2015 in die VSA behaal is, is waarskynlik baie naby aan die genetiese potensiaal van SA se basters.

Die wêreldrekord vir mielie-opbrengs is 33,39 ton per ha, wat laas jaar in Amerika behaal is. Dié opbrengs is waarskynlik baie naby aan die genetiese potensiaal van Suid-Afrika se huidige basters, sê me. Hanlie Geldenhuys en mnr. Corné van der Westhuizen, twee landboukundiges van die saadmaatskappy Pannar.

Om dié potensiaal optimaal te ontgin, moet ’n boer sy bestuurspraktyke egter fyn by omgewingstoestande aanpas van groeistadium tot groeistadium. ’n Blote herhaling van praktyke wat voorheen ’n goeie opbrengs gelewer het, gaan nie noodwendig weer goeie resultate oplewer nie, sê hulle.

“ ’n Sak mieliesaad het die maksimum opbrengspotensiaal, wat deur die genetiese potensiaal van die betrokke baster bepaal word. Sodra dié saad in die grond geplant word, word elke pit aan verskeie faktore blootgestel, wat regstreeks die opbrengs beïnvloed en die kultivar se genetiese potensiaal inperk. Sodra ’n mens ’n bastersaad plant, word dit in die grond aan ’n magdom veranderlikes blootgestel, waarvan baie die genetiese potensiaal van die saad aftakel.”

’n Boer kan wel die omgewing met bestuursbesluite manipuleer, soos kultivarkeuse en besproeiing, en die bekamping van onkruid, insekte en siektes.

Hou die volgende in gedagte:

¦ Die opkomspersentasie bepaal die finale plantestand, en die plantestand bepaal die hoeveelheid koppe per hektaar, wat die grootste bydrae tot die opbrengs lewer. Die omgewingspotensiaal bepaal die keuse tussen enkelkoppige mieliebasters wat beter by hoë plantestande (meer as 45 000 plante per hektaar) aangepas is, of meerkoppige basters wat vir laer plantestande (minder as 42 000 plante per hektaar) geskik is. Kry ’n balans tussen plantestand en omgewingspotensiaal om die meeste koppe per hektaar te kry, asook die ideale kopgrootte. Meer koppe per hektaar beteken nie noodwendig groter kopgroottes nie.

¦ ’n Goed voorbereide saadbedding en aandag in die plantproses is nodig om groeikragtigheid en die egalige opkoms van die verlangde plantbevolking te verseker. Plante wat onegalig opkom, kan die uiteindelike opbrengs met 6% tot 9% verlaag as die agtergeblewe saailinge eers tien dae later opkom. As saailinge eers 21 dae later opkom, is die opbrengsverlies van 10% tot 20%, en as 25% van die plante nie opkom nie, is 10% van jou opbrengs verlore. As die helfte van die plante nie opkom nie, is die verwagte opbrengsverlies 30%.

¦ Onkruiddoders, veral sulfonielureum en glifosaat, asook benatters wat in die agtblaarstadium gespuit word, kan rye laat afspeen en ’n knyp-aksie op die mieliekop veroorsaak, wat die aantal rye verminder.

¦ Vogstremming twee weke voor pluimstoot en twee weke ná bestuiwing sal kwaai opbrengsverliese veroorsaak. Mielieplante se waterbehoefte in dié tyd wissel van 7 mm tot 10 mm per dag. Droogte en hoë temperature in dié tyd vertraag die begin van baardstoot baie meer as wat dit stuifmeelstorting vertraag. Dit bring mee dat die stuifmeel soms klaar gestort is voor die baard verskyn. Dit kan dan ’n opbrengsverlies van 8% tot 10% per dag meebring.

¦ ’n Stremmingsdag word gedefinieer as een waarop die mielieplant nie van die vorige dag se droogtestremming herstel nie en in die oggend steeds verwelk lyk. Onthou ook dat verskillende basters verskillend in stremmingstoestande reageer. Meerkoppige basters se opbrengs is gewoonlik stabieler in strestoestande. Enkelkoppige basters kan egter in toestande met minder stres beter presteer.

Navrae: Me. Hanlie Geldenhuys, sel 082 322 5134; mnr. Corné van der Westhuizen, sel 082 570 8240.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot