AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nuwe Navara kan mark omkrap

Ná baie bespiegelinge en skinderpraatjies is Nissan se spinternuwe Navara uiteindelik hier met die potensiaal om die eentonnermark effe deurmekaar te krap . . .

Die Nissan Navara-nuweling span die kroon op 80 jaar se ervaring en bied nou selfs beter werksvermoë en gerief as al sy lengendariese voorgangers saam, sê Mmnr. Xavier Gobile, die Nissan Group of Africa se direkteur vir verkope en bemarking.

Aanvanklik bied die Navara-reeks drie 4X4 dubbelkajuite met die keuse van ‘Mid’- of ‘High’-toerustingsvlakke asook die keuse van 'n sesgang-handratkas of 'n sewegang outomatiese ratkas. Alle modelle word aangedryf deur die nuwe 140 kW YS23DDRT 2.3 liter inlyn-viersilinder dieselenjin met twee turbo-aanjaers.

Nóg 'n interessante nuwigheid is die vyfskakel-spiraalveerstelsel vir die agter-as wat glo Nissan se oplossing is om goeie ritgehalte en hantering met vragdravermoë kombineer.

Skoon voorkoms van die vorige geslag

Die bakwerp is netjies en die ontwerp bou voort op die stewige en skoon voorkoms van die vorige Navara-geslag. Natuurlik is daar talle nuwighede soos LED-dagligte en -flikkerligte wat nou deel van die verchroomde truspieëls is. Die (nou) swart B-pilaar en die dak wat 20 mm laer is, is nuwe ontwerp-elemente wat ook tot doeltreffender lugvloei bydra.

Die agterdeure se donker kantvensters, die 16 duim allooiwielvellings vir die ‘Mid’-weergawes en 18 duim allooiwielvellings vir ‘High’-weergawes rond die syaansig af. Die agterkant is nie afgeskeep nie en spog met nuwe agterligte en 'n hooggemonteerde remlig.

Die dubbelkajuit se laaibak is nou effe langer (1 503 mm) en effe dieper (474 mm) wat 'n laaivolume van 1 061 liter beteken. Die loonvrag is 1 002 kg en dit kan 'n sleepwa (gerem) en vrag van 3 500 kg sleep. Die grondvryhoogte is 229 mm met 'n naderhoek van  33 grade, ‘n oortreehoek van 25,2 grade en 'n vertrekhoek van 27,8 grade.

Bakkie weeg 176 kg minder

Die leerraamonderstel is met hoësterkte staal versterk. Danksy nuwe materiale en  ontwerpverbeteringe weeg die nuwe bakkie in teen 176 kg minder as sy voorganger.

Die hart van die Navara is gesetel in sy nuwe 2.3 liter enjin met twee turbo-aanjaers,  deelbuistegnologie en direkte dieselinspuiting. Die enjin lewer 140 kW teen 3 750 r/min en 450 Nm vanaf 1 500 r/min tot 2 500 r/min.

Die kleiner van die twee turbo-aanjaers lewer 'n hoër druk teen die laer enjinsnelhede terwyl die groter turbo-aanjaer weer 'n laer druk lewer teen die hoër snelhede. Ieder geval belowe dit gladde werkverrigting met 'n gebrek aan turbo-traagheid en doeltreffende brandstofbenutting (6.5 l/100km volgens Nissan). Met die brandstoftenk van 80 liter is 'n reikafstand van meer as 1 000 km dan heeltemal moontlik.

Plaaslik beskikbaar

Die nuwe Navara is aanvanklik slegs as 'n 4X4 dubbelkajuit plaaslik beskikbaar met pryse wat strek van R514 900 tot R597 900 (BTW ingesluit). Die 4X2-weergaes sal eers teen die einde van vanjaar beskikbaar wees en sal van R450 000 tot R520 000 (BTW ingesluit) kos.

Die nuwe Navara word vir ses jaar of 150 000 km gewaarborg en 'n diensplan van 3 jaar of 90 000 km is by die prys ingesluit.

Ek voorspel dat die nuwe Navara beslis gaan knaag aan die verkoopsyfers van die Hilux én die Ranger en dit is heeltemal moontlik dat hierdie skouerskuurdery in 'n kopstampery kan ontaard!

Nissan-Navara-34-550

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot