AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe plan vir mislukte Ncera-plase

Tien mislukte Oos-Kaapse plase van 4000 hektaar gaan na die LNR en die Departement van Grondsake verskuif word.

Die Regering wil sy mislukte Ncera-entiteit (10 plase in die Oos-Kaap) se eenhede tussen die Landbounavorsingsraad (LNR) en die grondhervormingsprogram verdeel.

Ncera bestaan uit 10 Oos-Kaapse plase, wat saam sowat 4 000 hektaar beslaan, asook sy sentrum, waar sy kantore geleë is. Die projek is in 2010 deur die ouditfirma KPMG ondersoek nadat dit die vorige vyf jare verliese getoon het.

Hoewel die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye sedert 2010 die entiteit herhaaldelik weggewys het omdat hy nie behoorlike strategiese planne of prestasieplanne ingehandig het soos verlang word van die Nasionale Tesourie of die Wet op Finansiële Bestuur nie, het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye voortgegaan om jaarliks geld daarvoor te begroot.

Weer R5,9 miljoen begroot

Vir die huidige geldjaar is R5,9 miljoen vir Ncera begroot. Volgens die departement is die geld om werknemers se salarisse te betaal en om die diere te versorg wat nog op die gronde is. Die melkery, wat die hoofbesigheid op die plaas was, het onsuksesvol geraak weens die masjinerie wat uit die jare sestig gedateer het en inteling wat by die diere toegelaat was. Die komitee het reeds in sy 2013/’14 aanbeveel dat die entiteit toegemaak moet word.

Die komitee het die vyfde of huidige Parlement gelas om toe te sien dat die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye moet toesien dat die Ncera-aanbevelings volbring word.

Intussen is besluit om die Ncera-sentrum aan die LNR oor te dra word en dat die 10 plase deel van die Departement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se grondhervormingsprogram word.

 Nguni-beeste teel

“Die departement is van plan om die teel van Nguni-beeste te bevorder en die sentrum kan daarvoor gebruik word,” het me. Bomikazi Molapo, woordvoerder van die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gesê.

Mnr. Mortimer Mannya, waarnemende direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het aan die portefeuljekomitee verduidelik waarom dit lank neem om die Ncera-kwessie op te los, toe die strategiese plan van die departement bespreek is.

“Die deregistrasie van Ncera was ’n langsame proses. Die sentrum was die openbare entiteit asook die private maatskappy. As die sentrum verander word, bring dit onstabiliteit en daarom het dit vir mense geklink asof dit toemaak.”

 Deregistreer

Hy het verder verduidelik dat die departement besluit het om die sentrum in sy geheel te deregistreer en dit onder die LNR te plaas.

Die tesourie het ’n gedetailleerde plan oor die kwessie aangevra, voordat hy die deregistrasie van die sentrum sal oorweeg, het Mannya gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sommer net ek
Want almal kan doen met n goeie nuwe vriend, Ek hou daarvan om mense te sien lag en gelukkig wees
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot