Dit is van die oogmerke wat die nuwe maatskappy Red Meat Industry Services (RMIS) in die vooruitsig stel. Die RMIS bestaan uit die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), die nasionale opkomende rooivleisprodusente-organisasie (Nerpo), die Voerkraalvereniging en die Abattoirvereniging.
Mnr. Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die RMIS, sê die historiese probleem met diensverskaffing in die rooivleisbedryf was die silo’s waarin elke deelnemer beweeg het. “Die RPO het gekyk na dieregesondheid, die Voerkraalvereniging na verbruikersopleiding en so meer. Elkeen het hom met sy eie deel bemoei en niemand kon verantwoordelik gehou word vir die uitkomste nie. Die RMIS het op 5 November vanjaar begin met die bestuurstruktuur wat bestaan uit vier direkteure, elk afkomstig van die onderskeie organisasies, ’n hoofbestuurder, onafhanklike voorsitter sonder stemreg en twee uitvoerende direkteure van buite die bedryf. Die voorsitter se rol is om rigting te gee, terwyl ons ook wil wegdoen met ’n stemproses.
“Die gedagte is om nie te stem nie, want sodra jy in stemming oorgaan, is daar lede vir en lede teen. Ons wil eerder met konsensus te werk gaan. Ons gaan ook nie die wiel herontdek nie en wil ook nie bestaande dienste kanselleer nie. Die doelwit is om eerder bestaande dienste te oorweeg om die beste diensorganisasie daarvoor aan te wys.”